Die kabinet het ook reeds die aanstelling van ʼn nuwe SAL-raadsvoorsitter goedgekeur.
Alles vir die sleutelwoord "SAL"
SAL maak nuwe loonaanbod midde dreigende staking
SAL het Woensdag gesê vlugskedules gaan tans soos normaal voort nadat die lugredery ʼn kennisgewing van een van die vakbonde ontvang het van sy voorneme om te staak.
Regeringshulp sal nie SAL help nie, sê Trevor Manuel
Die voormalige minister van finansies, Trevor Manuel, het Dinsdag gesê finansiële hulp van die regering sal nie die land se nasionale lugredery uit sy probleme help nie, en hou vol SAL moet erns maak met sy bestuur.
Regering gooi nóg ʼn reddingsboei vir SAL
Die Suid-Afrikaanse regering het Vrydag die oorplasing van geld van die Nasionale Inkomstefonds na SAL goedgekeur om die lugredery in staat te stel om sy skuldverpligtinge teenoor Citibank na te kom.
Gigaba wil OBK sien oor pensioengeld-bewerings
Malusi Gigaba, minister van finansies, het Maandag bewerings ontken dat hy fondse van die Openbare Beleggerskorporasie (OBK) wil gebruik om sukkelende staatsondernemings uit finansiële moeilikheid te help.
DA kap na Myeni oor pensioengeld-bewerings
Die DA het Sondag gesê Dudu Myeni, die omstrede raadsvoorsitter van SAL, is blykbaar betrokke by ʼn “beplande strooptog van pensioenarisse se geld” om SAL en ander staatsinstansies uit finansiële moeilikheid te red.
Is privatisering ʼn oplossing vir SAL?
“Vir die regering is SAL net nóg ʼn ego-projek waarmee hy ʼn plekkie op die soustrein bied aan mense met die regte konneksies, sonder die inagneming van hul vaardighede.”
SAL: Myeni se heraanstelling bevraagteken
LP’s het Malusi Gigaba, minister van finansies, sewe dae gegee om bewyse te verskaf dat Dudu Myeni, voorsitter van die SAL-raad, op wettige wyse in dié pos heraangestel is.
Tesourie gee R10 miljard vir SAL
Die Nasionale Tesourie het ingestem om ʼn spesiale toewysing van R10 miljard voor die einde van September aan die SAL oor te betaal.
Ekonome skepties oor ‘reddingsplan’ vir SAL
Dawie Roodt, hoofekonoom by die Efficient Groep, het kort en bondig gesê SAL se probleme sal nie opgelos word nie weens politieke inmengery.
SAL dalk Gigaba se toets
Ekonome is van mening dat die SAL ʼn waarskynlike toets vir Gigaba sal wees. Indien hy dit druip, is nog ʼn ekonomiese afgradering van die land ʼn werklike moontlikheid.
SAL: ‘ ʼn Bodemlose put’
“Indien die regering nie sy finansiële hulp staak en daar nie daadwerklik ingegryp word by die bestuur van die SAL nie, sal die regering enorme bedrae geld in ʼn bodemlose put stort.”
Gevaarligte flikker vir staatspensioenfondse oor SAL
“Die aandele van sukkelende entiteite sal nie waarde toevoeg tot die OBK nie en sal net lei tot negatiewe langtermyn-afwatering van die fondse.”
SAL hervat vlugte ná kansellasies
“Die stilte van ons regering oor die Grace Mugabe-saak is oorverdowend,” het Alf Lees, woordvoerder van die DA, gesê. “Dié saak is nou die oorsaak dat die bedrywighede van die nasionale lugdiens onderbreek is.”
Steeds geen nuus ná SAL vlugte kanselleer
“Die stilte van ons regering oor die Grace Mugabe-saak is oorverdowend. Dié saak is nou die oorsaak dat die bedrywighede van die nasionale lugdiens onderbreek is.”
Herbou die staatsmasjien
Die ondersoeke na korrupsie en staatskaping het nog weinig resultate opgelewer. Wetstoepassingsagentskappe wag op mekaar om die leiding te neem en die regering self is nog besig om raamwerke op te stel.
Reddingsboei aan SAL ‘sal geen verskil maak’
Die DA het Saterdag gesê die jongste reddingsboei wat die regering na die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) uitgooi, sal niks doen om die lugredery se geldkrisis op te los nie.
SAL skuld vermoedelik miljarde in lenings
Berigte Sondag dat Standard Chartered Bank geweier het om sy leningsfasiliteit met die SAL te hernu en dat die terugbetaling van dié lenings geëis word, is moontlik net die oortjies van die seekoei en die regering sal moontlik moet pa staan vir die rekening, het die DA gesê.
Myeni sal SAL binnekort verlaat, sê Gigaba
Malusi Gigaba, minister van finansies, het bevestig dat Dudu Myeni nie nog ʼn termyn as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) sal dien nie.
SAL-staking: ‘Ons gaan nie lê nie’
Bedrywighede by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het na normaal teruggekeer, maar die South African Cabin Crew Association (SACCA) sê hy sal nie die stryd laat vaar nie.