Die bedingingsraad vir plaaslike regerings (SALGBC) se besluit kom selfs nadat daar bevind is dat die Tshwane-metro finansieel ernstig in die knyp is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Samwu"
Samwu-staking ‘aanval op demokrasie’ – Brink
Volgens Brink is daar ʼn groep mense wat steeds betoog onder die voorwendsel dat hulle werknemers van die metro verteenwoordig. Hulle gebruik egter “geweld en misdaad as onderhandelingsmiddel”.
Nou draai Tshwane se werkers boonop stokkies
ʼn Patroon van lyfwegsteek is in streke 1, 3, 4, 6 en 7 van die stad opgemerk.
Inwoners moet self kan besluit oor vullisverwydering
“Inwoners moet die opsie hê om te kies of hulle die Tshwane-metro se dienste wil gebruik of eerder gebruik wil maak van ’n privaat vullisverwyderingsmaatskappy.”
Tshwane: Samwu-staking steeds nie verby
“Werkers daag by die werk op en weier om opdragte uit te voer. Ons sien steeds dade van geweld en intimidasie wat op werkers en diensverskaffers gerig is.”
Weke lange vertragings in dienslewering wag op Tshwane
Cilliers Brink, burgemeester van die Tshwane-metro, het met Kallie Kriel op AfriForumTV oop kaarte gespeel oor die situasie in die metro en wat dit vir inwoners gaan inhou.
Bande brand op R55 in Centurion
Die Stad Tshwane spook intussen nog om stakende munisipale werkers sover te kry om op te daag vir werk en diensleweringsprobleme uit te stryk.
Tshwane weer na arbeidshof oor stakende werkers
Die Stad Tshwane het intussen 41 briewe van moontlike skorsing aan stakende munisipale werkers gestuur nadat dié versuim het om gehoor te gee aan die tussentydse interdik wat die metro bekom het.
Tshwane spook om dienste te herstel
Cilliers Brink, burgemeester van die Tshwane-metro, sê hoewel die prentjie donker lyk, is daar talle munisipale werkers op hul pos om dienste seepglad in die stad te laat verloop.
Stakers neem Tshwane op horings
“Ek het dus die besluit geneem om almal te identifiseer wat aan hierdie onwettige staking deelgeneem het, wat nou die risiko loop om afgedank te word.”
Interdik teen Tshwane se stakende werkers
Die hof het bevind die staking is onregmatig en onbeskermd en het die stakers opdrag gegee om uiteen te gaan en die staking op te skort.
Tshwane vra kwytskelding van loonverhogings
Die stad is in kennis gestel van sy nienakoming van sekere klousules van die SALGBC se kollektiewe ooreenkoms rakende dissiplinêre prosedures vir die versuim om die finale jaar van die driejaarsalaris- en loonverhogingsooreenkoms vir werknemers te implementeer.
Tshwane gee laaste ultimatum aan stakende werkers
Honderde lede van die vakbond Samwu staak sedert Maandag oor die 0%- loon- en salarisverhoging wat die stadsraad in Junie goedgekeur het.
Tshwane gryp in teen werkers wat onwettig staak
Altesaam 15 persone is reeds in verband met openbare geweld in hegtenis geneem.
Tshwane-werkers vas vir geweld tydens staking
Die werknemers is vandeesweek in hegtenis geneem toe die vakbond vir munisipale werkers, Samwu, in Tshwane opgeruk het uit protes teen die loon- en salarisverhogings wat die stadsraad in Junie goedgekeur het.
Staking in Tshwane bring dienste tot stilstand
Burgemeester Cilliers Brink het dit Woensdag duidelik gestel dat die metro eenvoudig nie geld het vir salarisverhogings nie.
Samwu ‘versigtig optimisties’ oor hulp aan munisipaliteite
Samwu, die vakbond vir munisipale werkers, het finansiesminister Enoch Godongwana se aankondiging oor ingryping in sukkelende munisipaliteite versigtig verwelkom.
Munisipale stakings dreig oor loongeskil
Samwu eis ’n loonverhoging van R4 000 vir alle munisipale werkers.
Dié loonverhoging ‘klap in gesig’ van munisipale werkers
Die munisipale werkersvakbond is ongelukkig nadat ’n fasiliteerder nie gehoor gegee het aan die meerderheid van sy lede se eise nie.
Samwu stel staking uit by Rand Water
“As die werkgewer versuim om aan die eise van werkers te voldoen, kan ons ongelukkig nie waarborg dat inwoners en bedrywe, wat deur Rand Water in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes bedien word, lopende water sal hê nie.”