“Ons gaan inbeweeg. Dit is alles net deel van die kleedrepetisie.”
Alles vir die sleutelwoord "Sanef"
Polisie sal ingryp as BLF joernaliste teister
Fikile Mbalula, die minister van polisie, het Saterdag die hofuitspraak verwelkom ten gunste van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) teen Black First Land First (BLF).
Hof sê oor interdik teen BLF
Uitspraak is Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof gelewer in Sanef se dringende aansoek om ʼn interdik te bekom teen Andile Mngxitama en sy organisasie Black First Land First (BLF).
BLF: “Ons vertrou geen wit mens nie”
“Teen 12:00 môre [Vrydag] sal ʼn wit regter uitspraak lewer. Hy kom net soos alle wit mense uit ʼn raamwerk wat glo dat sy witheid eerste moet kom. Ons vertrou nie enige wit mens nie,” het Andile Mngxitama, leier van BLF, gesê.
BLF sê joernaliste ‘vertrou nie die polisie’
Sanef het Donderdag ʼn dringende hofaansoek gebring om ʼn interdik teen die Black First Land First-groep aan te vra.
[Video] Sanef soek interdik teen BLF
‘n Video volg onderaan die berig waar Waldimar Pelser ‘n onderhoud doen met Andile Mngxitama van die organisasie Black First Land First (BLF).
‘SAUK moet blaam dra vir Suna se dood’
“Hoe kan ons sê ons het persvryheid as dié wat die slegte deel van die samelewing moet blootlê in vrees moet lewe?”
Geweld teenoor joernaliste veroordeel
“Joernaliste het ʼn moeilike taak om hulself dikwels in plofbare situasies te begewe om sodoende die res van die land in te lig oor die gebeure.”
Sanef veroordeel intimidasie van joernaliste
Die Suid-Afrikaanse redakteursforum (Sanef) het Dinsdag gesê hy is baie bekommerd oor die vyandigheid en intimidasie wat Maandag teenoor joernaliste voor die ANC se hoofkantoor, Luthuli Huis, in Johannesburg getoon is.
Sanef ‘geskok’ oor SAUK-skorsings
Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) het sy skok uitgespreek oor die skorsing van drie senior SAUK-personeellede.
Sanef, EFF vergader oor dreigemente aan joernaliste
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) sal ʼn dringende vergadering met die leiers van die EFF belê om die party se dreigemente teenoor joernaliste wat vir die Gupta-familie se mediamaatskappye werk, te bespreek.
Malema se uitlatings oor Gupta-media is ‘gevaarlik’
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het uitlatings deur EFF-leier oor verslaggewers wat vir die omstrede Gupta-familie werk, as “onaanvaarbaar” beskryf.
Regering, Sanef stem ooreen oor gesonde mediaverhoudings
Die regering en die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het Saterdag hul jaarlikse indaba by die presidensiële gastehuis in Pretoria gehou.
Media hof toe oor blok van sein tydens staatsrede
Suid-Afrikaanse mediahuise gaan om ʼn dringende hofbevel aansoek doen om ‘n herhaling te keer van Donderdagaand se voorval waar selfoonsein aanvanklik geblok is tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede.
Staatsrede: Selfoonsein glo geblok
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het Donderdag gesê selfoonsein in die Nasionale Vergadering word geblok. Dit kort voor pres. Jacob Zuma veronderstel is om sy staatsrede te begin lewer.
‘Muilbandwet moet grondwethof toe’
Die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting moet na die konstitusionele hof gestuur word voor dit as wet bekragtig kan word, het Sanef Saterdag op Internasionale Persvryheidsdag gesê.
Persfoto’s verwyder van ANC-T-hemde wat vervoer word
Foto’s van ANC-T-hemde wat in ʼn voertuig van die Gautengse verkeerspolisie vervoer is, is van ʼn joernalis se selfoon verwyder.
Sanef soek antwoorde ná redakteur se afdanking
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het Maandag versoek dat die rede vir Alide Dasnois, redakteur van die Cape Times, se afdanking dringend bekend gemaak moet word. Die Cape Times word deur Independent Newspapers besit en uitgegee.
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Radovan Krejcir, die omstrede voortvlugtige Tsjeggiese besigheidsman, glo hy word aangeval en dat sy lewe in gevaar is, het EWN Vrydag berig.
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Beeld beoog om kriminele aanklagte aanhangig te maak nadat een van sy fotograwe glo geteister is omdat hy foto’s van ʼn restaurant geneem het wat gereeld deur Radovan Krejcir, die omstrede voortvlugtige Tsjeggiese besigheidsman, besoek word.