Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het Maandag gesê dat geen regstappe tot dusver gedoen is teen motoriste wat nie hul e-tolrekeninge betaal het nie.
Alles vir die sleutelwoord "Sanral"
Petisie aan Sanral om studente vry te stel van e-tol
Verteenwoordigers van AfriForum Jeug se nasionale bestuur het Donderdag dokumentasie tesame met petisies wat deur meer as 2500 studente gedurende die afgelope 30 dae geteken is aan Sanral se woordvoerder, Vusi Mona, oorhandig.
Geen e-tolhekke vir Wes-Kaap
Die voorgestelde N1/N2 Wynland-tolprojek in die Wes-Kaap gaan van tradisionele tolhekke gebruik maak, en nie e-tolhekke nie, het Sanral Dinsdag gesê.
Sanral brei uit in Limpopo
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) gaan glo meer as 1 600 km in Limpopo by sy padnetwerk insluit.
Sanral se e-tol-bewerings is bog – OUTA
Sanral moet deursigtig wees met die aantal e-tolskyfies wat al verkoop is, want hulle skep die indruk dat motoriste “vuisslaan” om dit in die hande te kry, het die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) Maandag gesê.
Sanral en minister erken e-tolprobleme
Dipuo Peters, die minister van vervoer, het Dinsdag Sanral beveel om faktuurprobleme wat met die e-tolstelsel in Gauteng verband hou, te korrigeer.
Sanral se terrorisme-saak van die rol geskrap
ʼn Man wat in verband met terreurdade teen Sanral in hegtenis geneem is, se saak is Vrydag in die Pretoriase landdroshof van die rol geskrap.
Sanral sê verdagte werk nie vir hulle nie
Sanral het Donderdag daarop aangedring dat ʼn man, wat in verband met dreigemente teen die maatskappy in hegtenis geneem is, tegnies nie een van hul werknemers is nie.
AfriForum Jeug sit voet neer teen e-tol
AfriForum Jeug het besluit om ’n aksie van stapel te stuur teen die omstrede e-tolstelsel. Dit, nadat president Jacob Zuma by die ANC se Manifes-forum op 22 Oktober 2013 in Johannesburg gesê het dat studente moontlik van die stelsel vrygestel kan word.
Nuuskommentaar: Terreur teen Sanral
Die bomdreigement en die twee pakkies wit poeier wat Sanral ontvang, en sy werksaamhede nou reeds drie keer binne enkele dae ontwrig het, dui ook nie op die werk van ‘n groot, georganiseerde organisasie nie. Die impak wat dié dade het, is egter “doeltreffend” en die deur is nou vir na-apers geopen.
Minister veroordeel Sanral-veiligheidsaanvalle
Dipou Peters, die minister van vervoer, het Maandag drie pogings die afgelope week wat personeel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se hoofkantoor in Midrand se veiligheid bedreig het, streng veroordeel.
Sanral oorweeg aparte posbus
Nazir Alli, hoof uitvoerende beampte van Sanral, het gesê Vrydag se tweede ontruiming van die bedryfsentrum in Centurion is kommerwekkend.
Sanral-poeier is “skadeloos”
‘n Wit poeier wat Vrydag in die posbus by Sanral se hoofkantoor in Centurion opgespoor is, is skadeloos, het die maatskappy Electronic Toll Collection (ETC) gesê.
Sanral wéér ontruim
Die bedryfsentrum van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) in Centurion is Vrydag weer ontruim na nóg ‘n antraksskok.
Video: “Sanral oortree Wet op Verbruikersbeskerming”
Sommige kenners meen die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) is besig om die Wet op Verbruikersbeskerming te oortree.
Poeier is skadeloos – Sanral
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Woensdag gesê die middel wat in ʼn koevert by Sanral se hoofkantoor in Centurion gevind is, is onskadelik.
Tiener geskiet nadat hy glo pa se vuurwapen steel
ʼn Tiener in Gauteng is Dinsdag geskiet en gewond nadat hy glo sy pa se vuurwapen gesteel het en ʼn winkel wou beroof.
Sanral: Alles weer normaal ná antraks-skok
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se hoofkantoor het Woensdag weer teen volle kapasiteit gewerk nadat die gebou Dinsdag ontruim is toe ʼn verdagte wit poeier daar gevind is.
Nuuskommentaar: Godsdiens, sport, terreur en politiek
Iewers, waarskynlik in die ANC se “godsdienslessenaar”, het iemand geoordeel die ANC kan stemme werf deur die godsdienskaart te speel, sportpolitiek is deurlopend aanwesig en die woord “kwotas” duik onder meer gereeld op, en een van die mees emosionele dinge wat die huidige regering gedoen het, was om die e-tol teen wil en dank deur te voer.
Verdagte wit poeier by Sanral nie antraks nie
Biologiese toetse het bewys dat die verdagte wit poeier wat Dinsdag by Sanral se bedryfsentrum in Pretoria aangetref is, nie antraks is nie.