Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ʼn veldtog begin om oudlede terug te werf.
Alles vir die sleutelwoord "SAPD"
Vyf vas oor polisiemoorde
Vyf mense is in hegtenis geneem in verband met die moorde op drie polisiebeamptes.
Vermoorde polisiekolonel se identiteit bekend
Die polisiekolonel wie se liggaam Vrydagaand in ʼn straat in Turffontein in Johannesburg gevind is, laat ’n vrou en vier kinders agter.
Polisiekolonel se lyk in straat gevind
ʼn Polisiekolonel van Gauteng se liggaam is Vrydagaand in ʼn straat in Turffontein, Johannesburg, gevind.
Polisiemanne in hof vir poging tot moord
Twee polisiekonstabels van die Noord-Kaap het Donderdag in die Galeshewe-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord en diefstal.
Beloning uitgeloof ná polisiemoorde
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ʼn reuse-beloning uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van die verdagtes wat betrokke was by twee onlangse voorvalle waartydens drie polisiebeamptes doodgeskiet is.
Polisie sê sy forensiese agterstand krimp
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Maandag gesê sy agterstand rakende forensiese werk is sedert die 2009/10 finansiële jaar met 92% verminder.
Nóg ʼn polisieman geskiet in Jhb
ʼn Polisiebeampte is vroeg Maandagoggend in Kempton Park geskiet en gewond nadat polisiebeamptes ‘n verdagte vragmotor van die pad af getrek het.
N3-skietery: Polisieman steeds in hospitaal
ʼn Polisiebeampte sterk steeds in die hospitaal aan nadat hy Sondag geskiet en gewond is en twee van sy kollegas doodgeskiet is op die N3 naby Modderfontein, Johannesburg.
Twee sit lank vir moord op polisieman
Twee mans van KwaZulu-Natal is lewenslange tronkstraf opgelê nadat hulle ʼn polisiebeampte en nog ʼn man vermoor het.
Parkstasie-skietery: Polisie op soek na 12 verdagtes
Die polisie is op soek na ʼn groep van ongeveer 12 verdagtes wat Dinsdagoggend ʼn polisiekonstabel by Parkstasie in Gauteng doodgeskiet het toe hy op ʼn beweerde rooftog by die stasie reageer het. Foto’s van die verdagtes volg onderaan die berig.
Polisieman in Jhb doodgeskiet
ʼn Polisiebeampte is Dinsdagoggend by Parkstasie in Johannesburg doodgeskiet.
Polisieman in hof oor gesteelde goedere
ʼn Polisiekonstabel van Noordwes het Maandag in die hof verskyn in verband met die beweerde diefstal van lugverkoelers, ʼn brandblusser en ʼn lig.
Skors polisieminister, vra DA
Die DA het ʼn parlementêre ondersoek geëis na die optrede van die minister van polisie ná ʼn uitspraak in die hooggeregshof dat die waarnemende hoof van die Valke oneerlik opgetree het.
Wes-Kaapse polisiehoof beroof
Rowers het vroeg Dinsdagoggend by lt.genl. Arno Lamoer, Wes-Kaapse polisiekommissaris, se huis in Panorama ingebreek.
200 000 wou polisiebeamptes wees
Slegs 4 500 uit die meer as 200 000 persone wat aansoek gedoen het vir poste van polisieoffisiers, het die finale keuringsfase gehaal, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens Sondag gesê.
Polisieman in hof vir poging tot moord
ʼn Polisiebeampte van Noordwes het Woensdag in die Stilfontein-landdroshof verskyn op aanklag dat hy sy vriendin probeer vermoor het.
Polisiekaptein by sy huis geskiet
ʼn Kaptein van die polisie se provinsiale eenheid in Gauteng is kritiek gewond toe hy vroeg Dinsdagoggend by sy huis in Strubensvallei, Roodepoort, geskiet is.
Polisieman skiet glo vrou, self
ʼn Polisiebeampte van Mpumalanga het glo sy vrou doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.
Polisiebeampte skiet twee, self
ʼn Polisiebeampte het sy vriendin en haar ma doodgeskiet voordat hy selfmoord gepleeg het, het die polisie in Gauteng Dinsdag gesê.