ʼn Polisieman is Dinsdagmiddag in die omgewing van Sir Lowryspas doodgeskiet waarna sy beweerde moordenaar deur polisiebeamptes doodgeskiet is, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.
Alles vir die sleutelwoord "SAPD"
Polisieman, nog drie vas vir veediefstal
ʼn Polisiebeampte en drie ander mans is in hegtenis geneem vir veediefstal, het die polisie in die Noord-Kaap gesê.
Polisieman, nog vier vas oor rooftog
Vyf mense, insluitend ʼn polisiebeampte, is in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende rooftog by ʼn winkel in Limpopo.
Polisiebeamptes steel glo op moordtoneel
Drie polisiebeamptes is Dinsdagoggend in Ocean View in Kaapstad in hegtenis geneem op aanklag van diefstal.
Polisieman in hof oor gekaapte motors
ʼn Polisiebeampte wat homself aan die polisie oorgegee het nadat voertuie wat vermoedelik gekaap is by sy huis gevind is, het in die Protea-landdroshof verskyn.
Polisie se 10111-nommer buite werking
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Donderdagaand aangekondig dat sy 10111-noodnommer buite werking is.
Polisieman gee hom oor weens gekaapte motors
ʼn Polisiebeampte het homself Woensdag aan die polisie oorgegee nadat voertuie wat vermoedelik gekaap is by sy huis gevind is, het die polisie in Gauteng gesê.
SA polisievrou vas in Hongkong
Die polisie in KwaZulu-Natal het bevestig dat een van sy lede in Hongkong in hegtenis geneem is.
Nege gevangenes ontsnap in Jan Kempdorp
Die polisie in die Noord-Kaap is op soek na nege gevangenes wat die naweek uit aanhoudingselle by die Jan Kempdorp-polisiestasie ontsnap het.
Video: SA se mees gesoekte misdadigers
Die polisie het die name van 25 van Suid-Afrika se mees gesoekte misdadigers bekend gemaak en het jou hulp nodig om dié booswigte vas te trek.
Polisiekonstabel in Bloem doodgeskiet
ʼn Polisiekonstabel is Sondag in Bloemfontein doodgeskiet terwyl hy en sy vriendin na die beampte se huis gestap het.
Polisieman skiet gesin dood, pleeg selfmoord
ʼn Polisieman van Noordwes het sy vrou en 28-jarige seun doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.
Derde van SA’ners vrees polisie
ʼn Derde van volwassenes Suid-Afrikaners is bang vir die polisie, het ʼn onlangse opname bevind.
6 polisiebeamptes vas in 3 provinsies
Ses polisiebeamptes, van drie verskillende provinsies, is vir verskeie misdade in hegtenis geneem, het die Valke Sondag gesê.
Polisieman se vrou voor hom verkrag
ʼn Kaapse polisieman moes glo toekyk terwyl twee mans sy vrou herhaaldelik verkrag nadat hulle by die egpaar se huis ingebreek het.
Polisiebeamptes in hof na winkelroof
Twee polisiebeamptes en ʼn reservis-konstabel het Woensdag in die Galeshewe-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn op aanklag van roof.
Polisie-verslag: ‘Wolf is skaapwagter’
AfriForum het Woensdag die Broken Blue Line-verslag bekend gestel wat 100 voorbeelde bevat van geweldsmisdade waarby Suid-Afrikaanse polisiebeamptes sedert 2011 betrokke was. Dié verslag is deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIR) saamgestel.
Solidariteit in hof oor polisierange
Die vakbond Solidariteit se hofsaak teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oor sy nuwe rangstelsel hervat Dinsdag in die arbeidshof in Johannesburg.
Weduwees eis R9 miljoen na heli-ongeluk
Drie vroue wie se mans dood is toe ʼn polisiehelikopter in 2010 naby eMalahleni (Witbank) neergestort het, eis dat verstekvonnisse van R9 miljoen teen die polisie toegestaan word, het Beeld Maandag berig.
Polisiehoë vas oor ammunisie
Kol. Chris Prinsloo, ʼn polisiebeampte wat in beheer is van die vuurwapenlisensies in Gauteng, is in hegtenis geneem vir diefstal en die onwettige besit van ammunisie.