“Hierdie gesteelde kaarte is onmiddellik gedeaktiveer en is waardeloos, so die publiek word gewaarsku om nie in die strik te trap om dit te koop nie.”
Alles vir die sleutelwoord "Sassa"
Min tyd oor om nuwe Sassa-kaart te kry
Volgens die poskantoor sal Sassa geen betalings meer op die ou kaarte kan deponeer nadat dit einde Desember verval het nie.
Nehawu en Sassa kom tot ʼn vergelyk
“Dit word van al die werkers verwag om Maandag terug te keer werk toe en die partye het ooreengekom dat die ‘geen werk, geen betaling’-beginsel nie hier toegepas sal word nie.”
Sassa-staking beïnvloed nie betaling van toelaes, sê poskantoor
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor verseker mense wat Sassa-toelaes ontvang dat die staking deur enkele Sassa-personeellede nie ʼn invloed op vandeesmaand se betaling van Sassa-toelaes het nie.
Sassa-staking gaan voort ondanks vergadering met minister
“Ons word egter nie van stryk gebring deur simpel dreigemente nie aangesien ons vas oortuig is dat ons eise realisties en billik is.”
Nehawu wil Sassa-kantore landwyd lamlê
Nehawu meen die stelsel van maatskaplike pensioene is oorhaastig ingevoer en steeds nie toegerus om “spook”-begunstigdes en korrupsie die hoof te bied nie.
Dlamini moet opdok oor Sassa-krisis
Die konstitusionele hof het Donderdag beslis Bathabile Dlamini, voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, moet opdok vir haar aandeel in die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) se toelaagdebakel.
Poskantoor vol vertroue oor Sassa-betalings
Sapo het gesê hy is gereed om alle betalings by Cash Paymaster Services oor te neem.
Nóg ʼn staking dreig by Sassa
Die vakbond het gesê hy het die regering nou genoeg tyd gegee om hul eise te oorweeg en werkers se geduld is op.
Sassa-betalings: Poskantoor betaal miljarde uit
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het Dinsdag gesê hy het die huidige betalingsiklus reeds 7,4 miljoen transaksies van welsynstoelae hanteer.
Minister sê Poskantoor sal toelaagbetalings oorneem
Minister Siyabonga Cwele wou Maandag self sien hoe die betalingstelsel werk en terugvoer kry om behoorlike betalingsplanne te verseker.
Vroueliga verwelkom Dlamini-uitspraak
Die ANCVL het gesê nou is almal wat Dlamini in “die hof van openbare uitsprake” skuldig bevind het, stilgemaak.
Dlamini hoef nie op te dok oor Sassa-debakel
Dlamini het vroeër ontken dat sy verantwoordelik is vir die krisis waarin Sassa hom bevind en het gesê geen enkele persoon kan vir die probleme by die agentskap verantwoordelik gehou word nie.
Sassa: Betalings vir Augustus ‘sonder uitdagings’
Sassa het in Julie fel deurgeloop onder kritiek ná duisende begunstigdes met leë hande moes terugkeer nadat hulle dae lank in rye gestaan en wag het vir hul toelae.
DA ontsteld oor Sassa se versuim om op te daag
Die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaap het Woensdag sy ontsteltenis uitgespreek oor Sassa-beamptes wat versuim het om voor die provinsiale parlementêre staande komitee oor gemeenskapsontwikkeling te verskyn.
Sassa sleep CPS-werknemers hof toe oor ‘inmenging’
Susan Shabangu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Donderdag gesê haar departement doen regstappe teen Cash Paymaster Services- (CPS) werknemers wat inmeng met die migrasie van begunstigdes van die ou CPS-kaart na die nuwe stelsel.
Welsynbetalings aan 17 000 onwettige immigrante ontken
Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het homself gedistansieer van ʼn “fopnuus”-artikel wat beweer dat die agentskap per ongeluk 17 000 onwettige immigrante van Zimbabwe betaal het.
Sassa sê stelsel is nou ‘stabiel’
Sassa het verlede week fel deurgeloop onder kritiek ná duisende begunstigdes met leë hande moes terugkeer nadat hulle dae lank in rye gestaan het om te wag vir hul toelae.
Kabinet sê jammer oor Sassa-gemors
Minstens 700 000 van die land se ongeveer 17 miljoen maatskapliketoelaag-ontvangers het gesukkel om toegang tot hul toelae te kry toe probleme Sondag ontstaan het.
Sassa spartel steeds om toelae te betaal
Sassa het onderneem om teen Woensdagmiddag kospakkies uit te deel as verligting indien daar nog nie verbeterings aan die stelsel is nie om te verseker dat mense nie met leë hande huis toe gaan nie.