Gegewe die eise van radikale ekonomiese transformasie wat die ANC aan homself stel, en sy skerp anti-vryemark sentiment, kan ons wonder tot watter mate die ANC se invloed op die toepassing van mededingingsingrepe matigheid en omsigtigheid gaan bevorder.
Alles vir die sleutelwoord "SEB"
Die afgradering is nie die eintlike katastrofe nie!
Ons sal uiteindelik weer die kans kry om die meesters van ons eie lot te wees. Onthou egter een ding: Dit gaan ’n taai en moeilike reis wees, maar die alternatief gaan erger wees.
‘SEB is die ware booswig, nié Jacob Zuma’: ʼn Herstelplan vir SA
Selfs al bedank die president sal die raaisel rondom bemagtiging bly voortduur, skryf dr. Anthea Jeffery.
Inmengingsbeleid en die stryd teen skaarsheid en gebrek
In die konteks van ʼn swak wêreldwye ekonomie, die plaaslike nasionale begroting wat onder druk is en makro-ekonomiese risiko’s, waarvan die moontlikheid van ʼn volgende Europese skuldkrisis en broeiende probleme met China se ekonomie slegs twee is, is die kool van oormatige regulasie en nadelige beleid die sous nie werd nie.
Maatskappye moet dalk 51% aandele weggee vir SEB
Maatskappye wat voortaan met enige staatsdepartement sake wil doen, sal 51% swart aandeelhouding moet hê.
‘ANC-beleide vernietig Suid-Afrika se entrepreneurs’
Die ANC se nasionale algemene raad (NAR) is net nog ʼn manier om Suid-Afrika (SA) se entrepreneurs te vernietig.
Nuuskommentaar: Werk saam om ons skip met rassistiese SEB te laat sink, of gaan onder
Verskerpte SEB en soortgelyke maatreëls stroop die land van middele om juis dit reg te kan ruk wat die kodes en maatreëls in die oog het, en tog lyk dit nie of die regering anders as enkeldimensioneel kan dink onderweg na ’n ekonomiese ashoop nie.
‘Nuwe SEB-kodes kan die ekonomie vernietig’
Die nuwe kodes vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) kan die laaste spyker in die kis vir die Suid-Afrikaanse ekonomie wees.
Nuuskommentaar: Om beleggers onder die alie te skop
Oral ter wêreld word intensiewe pogings om buitelandse beleggings te lok van stapel gestuur. Suid-Afrika se pogings word egter oorskadu deur lomp en ideologiese wetgewing, radikale vakbonde en politici wat ʼn hoër premie op politieke beheer as bestuursuitnemendheid plaas.