Ons elkeen het ’n kritieke rol te speel om ons gemeenskappe sterker te maak. Kallie Kriel van AfriForum verduidelik hoe jy dit prakties kan doen.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "selfbestuur"
Video: Selfbestuur is die enigste oplossing
Te midde van al die talle uitdagings wat die Afrikaner kan kniehalter, is daar ’n werkbare oplossing, naamlik groter selfbestuur. Die feite spreek vanself – staatsbestuur het misluk in Suid-Afrika, maar nuwe werklikhede kan geskep word.
Video: Is daar ʼn alternatief tot demokrasie?
“Konflik ontstaan wanneer mense oor jou besluit en teen jou regeer. Dit is wat in meerderheidsbedelings gebeur.”
Video: Demografie en die Afrikaner
Flip Buys verwys in dié video na die stryd tussen Westerse waardes en die ont-Westering van die land. Hy wys daarop dat demografiese werklikhede ’n kernrol in die beplanning van die Afrikaner se toekomsvisie moet speel.
Kyk: Die wipplank van geskiedenis; volg SA ook die Zimbabwe-pad?
Hoewel bespiegel word dat Suid-Afrika dieselfde roete as Zimbabwe gaan volg, stel Flip Buys dit duidelik dat sterk georganiseerde kultuurgemeenskappe in Suid-Afrika die rol van die belangrikste teenwigte in die land se verval moet speel.
Video: Flip Buys oor toekomsplanne vir die Afrikaner
Die ANC verkoop tans ’n meesterverhaal van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hoe raak dit die Afrikaner en hoe moet die verlede beoordeel word? Flip Buys bied perspektief op dié vrae in hierdie onderhoud met Ernst Roets.
Bestaansvraagstukke bepaal lewe of dood
“Diegene wat nie uit die geskiedenis leer nie, is gedoem om dit te herhaal”.
Konsentreer of emigreer
Yl verspreiding is ons probleem; groter konsentrasie die oplossing. Dit is nou tyd vir ʼn daadwerklike konsentrasiestrategie. Die keuse is tussen konsentreer en emigreer.
Die einde van die gedeelde visie oor die 1994-skikking
Vir ons is die enigste uitweg uit hierdie doodloopstraat van radikale transformasie, om uitgebreide kulturele selfbestuur met sterk gemeenskapsinstellings te vestig.