‘n Fliekganger wat knaend op sy selfoon in ‘n bioskoop praat, kom sy moses teë in dié oulike advertensie van Cell C.
Alles vir die sleutelwoord "selfoon"
Video: Kyk bietjie op
Spandeer jy dalk te veel tyd op sosiale media? “Look Up” is ʼn video wat die kykers ʼn les leer deur ʼn liefdesverhaal. Die video is die afgelope 10 dae reeds byna 10.5 miljoen keer op YouTube gekyk.
Becker glo wéér met selfoon betrap
Een van die sogenaamde Waterkloof-vier, Christoff Becker, gaan moontlik na ʼn ander gevangenis oorgeplaas word nadat ʼn selfoon glo in sy sel gevind is.
Eerste selfoon 30 jaar gelede verkoop
Die eerste draagbare selfoon, ‘n Motorola DynaTAC 8000X, is vandag presies 30 jaar gelede verkoop. In 2014 in randwaarde sou jy ongeveer R97 000 vir dié luuksheid moes opdok.
Cell C kla oor kompetisie
Cell C het ‘n klag ingedien teen MTN en Vodacom vir anti-mededingende gedrag.
Polisie het glo joernaliste se selfone afgeluister
Die polisie het sy ondersoek oor misdaadintelligensiebeamptes, wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n regter om die bos gelei het om afluisterapparaat in voormalige polisiehoof Bheki Cele en twee joernaliste van die Sunday Times se telefone te plant, afgesluit.
Kaapstad konfiskeer motoriste se selfone
Die stad Kaapstad het bekend gemaak dat hy reeds meer as 1 300 selfone van motoriste gekonfiskeer het sedert ‘n verordening wat selfoongebruik reguleer in Julie 2012 ingestel is, berig EWN.
Selfoonbaas dalk dood in vliegongeluk
Eric Hertz, die hoof uitvoerende beampte van 2degrees, ‘n selfoonmaatskappy in Nieu-Seeland, en sy vrou, Kathy, het Saterdag glo in ‘n ligtevliegtuigongeluk aan die North Island se weskus gesterf.