Die Bulls en die Sharks pak mekaar dié naweek in die groot Suid-Afrikaanse derby op Loftus.
Alles vir die sleutelwoord "sharks"
Stormers wen in Haaitenk
Die Stormers het die Sharks 16 – 11 in Durban getroef.
Sharks se byt te veel vir Blues
Die Sharks het ’n waardevolle bonuspunt in Durban teen die Auckland Blues ingepalm.
Sharks en Bulls se grofgeskut gaan in Ballito baljaar
Die Sharks en die Bulls pak mekaar môre in Ballito in hul laaste voorbereidingswedstryd vir die komende Superreeks.
Foto’s: SA-spanne sit die ‘super’ in Superrugby
Die Lions, Bulls, Sharks en Stormers gaan in die komende seisoen saam met superhelde “vlieg”. Dié spanne se truie het ’n superheld-mooimaaksessie ondergaan.
Curriebeker-eindstryd: Sharks verras die WP op Nuweland
Die rugby was tussen swak in die eerste helfte en so-so ná rustyd, maar die Curriebeker bly maar dié ding in Suid-Afrikaanse rugby.
Sharks in die eindstryd ná skrik in tweede helfte
Dankie tog vir ʼn redelike goeie tweede helfte wat die Curriebeker-halfeindstryd op Kingspark na iets laat lyk het.
Kwarteindstryd: Word die Sharks na die slagpale gelei?
Dit sê darem baie min van die Sharks se vermoë as hulle byna geen kans gegun word om die Crusaders Saterdagoggend in Christchurch in die kwarteindronde van die Superrugbyreeks te klop nie.
Crusaders verander kwaai, Sharks bly dieselfde
Die Sharks se afrigter, Robert du Preez, het sy 23-tal wat verlede naweek teen die Jaguares gewen het, net so behou vir Saterdag se Superrugby-kwarteindstryd teen die Crusaders in Christchurch.
Die vreugdevure brand baie hoog op Ellispark
ʼn Kwarteindwedstryd, ʼn halfeindstryd en ook die moontlikheid van ʼn eindstryd op Ellispark wink nou vir die Lions nadat hulle Saterdag op Ellispark die Bulls met 38-12 in hul laaste groepwedstryd afgeransel het.
Te veel foute knou lustelose Sharks se uitspeelkanse
Daar is te veel moontlike permutasies om nou te bepaal watter spanne oor twee weke in die Superreeks se kwarteindronde sal speel, maar daar is ʼn goeie kans dat die Sharks nie daar sal wees nie.
Sharks benut hul kanse, Lions nie
Verdedig goed en benut dan jou kanse ten volle. Dít is die les wat die Sharks Saterdagaand op Kingspark vir die Lions geleer het.
Superrugby: Sharks, Lions wen albei maar oortuig nie
Die Sharks en die Lions het Saterdagmiddag, nie heeltemal oortuigend nie, uit ʼn Suid-Afrikaanse oogpunt vergoed vir die skande van die Stormers wat vroeër die dag in Hongkong teen die Sunwolves verloor het.
Bulls klop Sharks ʼn tweede keer
Die Bulls wou Saterdag op Loftus uit die staanspoor hardloop en het dit effektief gedoen, maar toe kom die Sharks, buit hulle foute uit en oorheers die eerste 20 minute of so ná rustyd.
Só lyk die Sharks as hulle die dag vlamvat
Die klimtol-Sharks, dán goed en dán weer middelmatig, het Saterdag op Kingspark moontlik hulle beste vertoning van die seisoen gelewer.
Superrugby: SA drietal moet kanse leer gebruik
Die Jaguares, met hul vierde oorwinning in vier toerwedstryde, het nou klaarblyklik ook die resep aangeleer om die gereelde amper-wen in hul eerste drie seisoene van Superrugby baas te raak.
Bulls wen drie, Stormers verloor drie agtereenvolgens
Australië se tweede beste span het Saterdag op Loftus groot pak teen Suid-Afrika se tweede bestes op die punteleer gekry, en in ʼn wedstryd vol foute was daar vir die Stormers op Kingspark die voortsetting van hulle string derby-neerlae.
Belangrike Saterdag vir Bulls, Sharks en Stormers
Saterdag se twee Superwedstryde is vir die drie betrokke Suid-Afrikaanse spanne uiters belangrik.
Rassie sien Sharkskaptein Ruan oor die hoof
Slotte is klaarblyklik nie die Springbokafrigter Rassie Erasmus se vernaamste kopsorg nie.
Laat die Sharks in die Kings se plek speel
Dit sal sommer baie interessant wees om te sien hoe, en of, die Sanzaar-rugbybase gaan reageer op bespiegelinge dat die Sharks hul vinne gewys het om ook in die Europese Pro14-reeks te speel.