Waarna kyk dié maltrap wanneer sy nie haar bekende “braai-pie” maak nie? Suzelle resenseer in dié video van haar gunsteling-TV-reekse.
Alles vir die sleutelwoord "Showmax"
‘Johnny is nie dood nie’ – nou op Showmax te sien
Alhoewel dit nie pertinent oor die lewe van Johannes Kerkorrel gaan nie, maak die fliek verwysing na kunstenaars soos Kerkorrel, Bernoldus Niemand en Koos Kombuis, en hulle invloed op die onstuimige jare voordat verandering na Suid-Afrika gekom het.
‘Dis koue kos, skat’ – nou op Showmax
Dis koue kos, skat is ’n romantiese komedie met ’n yslike, warm hart. Showmax se internasionale intekenare kan agteroorsit om aan dié heerlike fliek te smul.
Het jy bietjie inspirasie nodig? Kry pitkos op Showmax
Showmax bied ʼn hele paar reekse en flieks om jou geloof te versterk as jy bietjie inspirasie nodig het.
Nuwe flieks en reekse in Maart op Showmax te sien
Daar is verskeie opwindende reekse, flieks en kinderprogramme wat in Maart op Showmax te sien is.
Bekroonde tekenprent Jungle Beat nou op Showmax te sien
Dié lawwe, plaaslike kinderprogram en as jy ʼn Showmax-intekenaar is wat oorsee bly, kan jou kinders al dié animasiepret saam beleef.
Dokumentêr: Hoe Trump Amerika gewen het
Die reeks lig die sluier oor die gebeure voor die presidensiële verkiesing en bring aan die lig wat agter die skerms gebeur het op die kandidate se individuele veldtogte.
Nuwe Via-reekse nou op Showmax beskikbaar
Nuwe Via-reekse is nou op Showmax beskikbaar.
Sewe flieks – net betyds vir Valentynsdag
Verlang jy na die dae toe daar nog nie iets soos “It’s Complicated” bestaan het vir ʼn verhoudingstatus nie? Toe romanse gesteelde oomblikke saam met jou geliefde beteken het en karakters in flieks oor die liefde mekaar, wel, liefgehad het? Hier is ‘n paar flieks spesiaal vir Valentynsdag – net vir jou!
Opwindende flieks en reekse in Februarie op Showmax
Showmax bied in Februarie ʼn rits nuwe flieks en reekse vir sy intekenaars. Kykers kan uitsien na reekse soos “The Handmaid’s Tale” en flieks soos “Grease”, “Forrest Gump”, “Shall We Dance?” en “West Side Story”.
Carte Blanche nou op Showmax te sien
Internasionale intekenare kan nou weekliks die jongste episode van die bekende indiepte-televisieprogram Carte Blanche op Showmax sien.
Die Radio Raps Show nou op Showmax
Jonathan van die Oos-Rand neem reeds vir jare die internet op horings met sy maltrap web-reeks Radio Raps, maar nou staan hy ook gereed om die komedie-koning van die kassie te word.
Plaaslike reekse is vandeesmaand die hoogtepunte op Showmax
Daar is ʼn groot hoeveelheid Suid-Afrikaanse inhoud en programme wat in Afrika afspeel wat in Januarie op Showmax vrygestel is.
Nuwe sitkom ‘Die Kasteel’ – nou op Showmax
“Die Kasteel” is ʼn splinternuwe Afrikaanse kykNET-sitkom wat, soos dit ’n behoorlike sitkom betaam, voor ’n regte-egte gehoor opgeneem word.
Paul C Venter se nuwe TV-reeks: Knapsekêrels
Paul C. Venter se reekse (onder andere “Arende”, “Torings”, “Konings”, “Vlug na Egipte”) is met rede gunstelinge onder Suid-Afrikaners, en sy jongste reeks, “Knapsekêrels”, beloof net soveel intrige en opwinding soos vorige stories uit sy pen.
Elders: Die Camino – nou op Showmax te sien
Die reeks is ’n leefstylavontuur wat fokus op dinge soos die genot van stap, kop skoonmaak, in die oomblik leef, die natuurskoon van Spanje en die mense wat die stappers langs die pad teëkom.
Dokumentêre reekse wat jy dié vakansie moet kyk
Showmax bied talle dokumentêre reekse waar jy deur interessante beeldmateriaal sommer gou slimmer sal wees!
Maak die langpad kort met dié reekse
Of jy nou die langpad gaan aandurf hierdie feesgety, of dalk gaan wegbreek iewers heen waar daar nie selfoonopvangs is nie, kan jy nog steeds ontspan met die lekkerste televisiereekse.
Opwindende programme in Desember – net op Showmax
Kykers kan solank die springmielies naderskuif – daar is talle nuwe reekse en opwindende flieks in Desember net op Showmax!
Silwerskermfees: Kyk die kortflieks nou op Showmax
Jy kan nou al 20 kortflieks wat vanjaar by die Silwerskermfees vertoon is, eerste en eksklusief op Showmax sien.