“U opmerkings en dreigemente ontbloot u ware kleure én bring ook die onderliggende doel van die wysigingswet na vore. Dit het niks met gehalte-onderwys te doen nie, maar is eerder gemik daarop om ’n bepaalde ideologiese beleid af te dwing ten koste van openbare skole.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "skolekaping"
Lesufi waarsku ‘haters van onderwystransformasie’
“Beheerliggame en sommige skoolbestuurspanne misbruik openbare hulpbronne en beheer toegang tot gehalte onderwys met hemelhoë skoolgelde, vandaar hierdie wysigings.”
Slawerny terug op die wetboek: Kommentaar op voorgestelde wysiging van onderwyswette
Beheerliggame, privaat en CVO-skole, asook die tuisskoolbeweging waarin ouers van leerders, sowel as gemeenskapsverteenwoordigers en -leiers aan stuur van sake staan, het nog altyd ten doel gehad om in die beste belang van die kind op te tree. Die staat, daarenteen, tree duidelik in eie belang op en is in alle opsigte bewysbaar onbevoeg.
Panyaza Lesufi bevestig alle kommer rondom wysiging van skolewet
“Ons hoef nie te wonder wat die uitwerking van hierdie wet op alle openbare skole nie sal wees. Sou die wysigingswetsontwerp in werking tree, is die bedoelinge van die departement aan ons almal bekend.”
Ek gaan nee sê: My kind is my verantwoordelikheid
“Voor 10 November moet Suid-Afrikaners kommentaar op die wysigings lewer. Ek, soos tienduisende ander ouers, gaan nee sê. Ek gaan nee sê vir skoolkaping deur die staat. Ek gaan nee sê vir die staat se planne om openbare skole in staatskole te omskep.”
Duisende insette op die skolewetsontwerp wys publiek se kommer
“Sy uitlatings dat klaskamers vergroot moet word sodat tussen 60 en 70 leerlinge per klas geakkommodeer kan word, en dat beheer oor aanstellings toegepas moet word, is kommerwekkend.”
Staat dra al minder tot onderwys by, maar wil al meer voorskryf
Die krisis van die groot aantal disfunksionele skole in Suid-Afrika spruit uit dekades se swak bestuur deur onderwysowerhede. Dit kan nie deur sentralisering van mag reggestel word nie.
Waaroor die bohaai oor skolekaping?
So, waaroor gaan die bohaai? Ons het openbare skole, nie staatskole nie en dit moet so bly. Kinders het die meeste om te verloor as ouers nie meer insae in onderwys het nie. Laat jou stem tel.
Wie mag besluit oor jou kind se opvoeding?
Staatsbetrokkenheid by skoolbeheer en -bestuur moet tot ’n minimum beperk word en moet in elk geval gebaseer wees op deelnemende bestuur.