“Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere” is ʼn praktiese en prettige eendag werkswinkel vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18. Dit word aangebied deur die gewilde jeugverhaalskrywer Christien Neser. Dit is die ideale werkswinkel vir skoliere wat hul kreatiewe skryfspiere wil losmaak – of hulle nou ʼn opstel, riller, tienderdrama of liefdesverhaal wil neerpen.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Skryfnet"
Skryfnet: Skryf ’n kinderverhaal vir kinders van agt tot 12
Was dit nog altyd jou droom om jou eie kinderverhaal te publiseer? Wil jy die lewens van laerskoolkinders verryk met ’n storie wat hulle nog lank gaan bybly? Dan is daar goeie nuus vir jou!
Skryfnet: Laat jou volgende mediaverklaring die nuus haal
Moet jy soms inligting aan die media kommunikeer, maar dit haal nooit die nuus nie? Wil jy soms met lede van die publiek kommunikeer oor jou produk of diens? Is jy onseker hoe om ’n behoorlike mediaverklaring op die regte tyd saam te stel? Dan is daar goeie nuus vir jou! Skryfnet, die Afrikaanse skryfskool, bied binnekort ’n oggendwerksessie aan waar jy kan leer presies hoe om die perfekte mediaverklaring te skryf.
Kom leer skryf by prof. Hans du Plessis en ander skrywers
Opskud! Jy het nog net tot Vrydag kans om in te skryf vir die kursus “Kreatiewe skryfkuns”, opgestel deur prof. Hans du Plessis, by Skryfnet.
Skryfnet se vlagskip-kursus weer aangebied; ander kursusdatums bekend
Die goeie nuus is dat Skryfnet binnekort weer sy vlagskipkursus, “Inleiding tot kreatiewe skryfkuns” herhaal. Datums is ook reeds gefinaliseer vir nog kursusse later vanjaar.
Skryfnet: Kom skryf ʼn liefdesverhaal
Loop jy met ‘n liefdesverhaal in jou kop rond wat jy graag op papier wil neerpen? “Skryf ʼn liefdesverhaal” is ʼn praktiese ses weke lange aanlyn skryfkursus wat op die belangrikste elemente van liefdesverhale fokus. Die kursus word aangebied deur Madri Victor en begin op Valentynsdag,14 Februarie 2022. Skryf nou in!
Maak jou potlood skerp – Skryfnet is gerat vir ʼn nuwe jaar!
Skryfnet het vroeg in 2021 die lig gesien en met die intrapslag afgeskop met ʼn agt weke kursus, “Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns”
Skryfnet bied eerste kreatiewe kursus vir skoliere aan
Altesaam 19 leerders het Saterdag aan Skryfnet se eerste werkswinkel oor Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere deelgeneem. Die werkswinkel is op Akademia se kampus in Centurion aangebied deur die geliefde jeugverhaalskrywer Christien Neser.
Skryfnet bied aan: ‘Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns’
Skryfnet bied aan: ‘Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns’: Indien jy dus dié kursus vroeër vanjaar misgeloop het, het jy nou weer die geleentheid om aan daardie storie waarmee jy in jou kop rondloop op papier gestalte te gee. Die agt weke lange aanlyn kursus is ontwikkel deur die bekroonde Afrikaanse skrywer prof. Hans du Plessis.
Skryfnet: Kreatiewe skryfkuns vir skoliere
Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere is ’n praktiese en prettige eendagwerkswinkel vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18. Dit word aangebied deur die gewilde jeugverhaalskrywer Christien Neser. Dié werkswinkel word Saterdag 21 Augustus 2021 op Akademia se Centurion-kampus aangebied.
Skryfnet: Leer hoe om self ʼn mediaverklaring te skryf
Is jy onseker hoe om die wie, wat, waar, wanneer en hoe van ʼn persverklaring op te stel? Goeie nuus! Skryfnet, ʼn Afrikaanse skryfskool, bied binnekort ʼn kursus aan waar jy kan leer hoe om ʼn mediaverklaring te skryf.
Rentevrye studielenings nou beskikbaar vir Skryfnet-kursus
Wil jy graag leer skryf maar die finansies knyp? Hier is goeie nuus!
Is jy gereed om jou stories vlerke te gee?
Waarvoor wag jy? Skryf nou in vir Skryfnet se eerste aanlyn kursus wat op 1 April afskop.
Skryfnet, ’n splinternuwe Afrikaanse skryfskool, is hier!
Jy loop al lank met ʼn storie in jou kop. Maar wanneer jy gaan sit om dit te skryf, wil die karakters nie vorm aanneem nie en die dialoog klink krom en skeef. Goeie nuus: Skryfnet is hier om jou te help om te woeker met die woorde wat jy wil skryf, maar wat nie op papier gestalte wil kry nie.