Weet jy wat ʼn ‘branderjaer’ is en waar die woord vandaan kom? Joha van Dyk vertel meer.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "skrywers"
Luister: Feiteboek vir kinders gee stem aan SA baanbrekers
‘Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika’ is ʼn eg Suid-Afrikaanse kinderensiklopedie met meer as 100 verhale oor baanbrekers in vakrigtings soos die wetenskap, tegnologie en ingenieurswese.
Luister: Op die spoor van kuberkrakers in Turkye, Italië
“Omdat ek self daar was, in die stede gewandel en verskriklik baie foto’s geneem het, het ek besluit om dit op ʼn manier in ‘Donker Web’ te gebruik.”
John le Carré, meester van spioenasiefiksie, sterf
John le Carré is ná ’n kort siekbed in die ouderdom van 89 dood.
Avbob laat poësie gedy met sy projek
Poësie troos die diepste seer, bou brûe en skep geleenthede, want die digkuns “maak vi’ ons lig moet hierie woorde soes moet kerse”, soos Adam Small dit verwoord het.
Wendy Maartens: ‘Ek moes weer soos ʼn kind leer praat’
Slaaptydstories wat haar ma uit die Bybel voorgelees of oorvertel het, is een van Wendy Maartens se vroegste herinneringe en onomwonde die beginpunt van haar liefde vir Bybelverhale.
Christine Barkhuizen-Le Roux sterf op verjaardag
Die skrywer, digter en vertaler Christine Barkhuizen-Le Roux is Woensdag, op haar 61ste verjaardag, dood.
Nog ʼn prys vir Zirk van den Berg se ‘Ek wens, ek wens’
Die wenners van die jaarlikse kykNET-Rapport Boekpryse, die Jan Rabie-Rapportprys en Boekresensent van die Jaar is pas bekendgemaak.
Regspraktisyn maak debuut as jeugskrywer
“Om vir die jeug te skryf verg nogal dat jy pretensies oorboord gooi. Mooi taalgebruik en beeldspraak gaan jou nêrens bring as die storie nie boeiend is nie.”
Selfkwarantyn van veteraanvegters, Deon Lamprecht vertel
In “Die Brug: Na die hel en terug in Angola” gesels dienspligtiges en hul geliefdes oor ervarings en herinneringe van die Bosoorlog in Angola. Luister hier na ʼn onderhoud met Deon Lamprecht.
Die veelsydige François Bloemhof
Die skrywer François Bloemhof het geen bekendstelling nodig nie. Met meer as 80 boeke agter sy naam en elke moontlike skryfprys op sy kaggelrak, is sy stories volksbesit.
‘Digkuns snoer ons saam’
Maretha Maartens, die bekende skrywer van Bloemfontein, het die Afrikaanse afdeling van die derde Avbob Poësiekompetisie met haar gedig, “Peperboom”, gewen.
Kortverhale gesoek vir US Woordfeesbundel
Inskrywings vir die Toyota US Woordfees se kortverhaalbundel sluit op 30 September om 16:00.
Anel Heydenrych gesels oor karakters wat bly spook
“Om eerlik te wees, ek was party aande ʼn bietjie bang,” vertel Anel Heydenrych, skrywer van die sielkundige riller “Die afloerder”.
Calitz maak musiek met skryfwerk
Wilken Calitz meen hy is ewe tuis tussen woorde as tussen musieknote. Lees meer oor sy debuutroman “Swart swaan”.
(Ver)taaltameletjies, Venter en Geldenhuys vertel
Maroela Media het by twee vertalers, De Waal Venter en Kobus Geldenhuys, gaan aanklop om meer uit te vind oor hul jongste boeke en tameletjies wat hulle al tydens die vertaalproses teëgekom het.
Zirk van den Berg wen WA Hofmeyr-prys
Die wenners van die jaarlikse Media24-boekpryse is pas bekendgemaak. Meer as 80 boeke wat in 2019 by Media24-uitgewerye verskyn het, het in ses kategorieë meegeding. Hier is die wenners.
Elsa Joubert só onthou
Elsa Joubert, skrywer van onder meer “Die swerfjare van Poppie Nongena”, word onthou as ʼn baanbreker en iemand wat moeilike temas met deernis aangepak het.
Kirsten Miller: Oor moeilike karakters, hul diep seerkry en verwerping
Kirsten Miller se jongste boek, “All that is left”, is een van daardie kykies na dieper dinge én na die siel agter die skrywerspen, skryf Maryke Roberts.
Irna van Zyl: Van veelsydige joernalis tot misdaadskrywer
Die joernalis, sakevrou en skrywer, Irna van Zyl, se derde speurroman, “Bloedsteen”, het in Maart by Penguin Random House verskyn. Sy gesels met Maryke Roberts oor die sprong van joernalis na kreatiewe skrywer, haar lewe in die Kaap, en wat volgende op haar wag.