Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het Suid-Afrika se soewereine kredietgradering van ʼn stabiele vooruitsig na ʼn negatiewe vooruitsig verander.
Alles vir die sleutelwoord "skuld"
SAUK betaal eindelik tantieme uit
Ná maande lange bakleiery het die SAUK Vrydag beloof om 35% van die gelde wat dit aan skrywers en komponiste verskuldig is, uit te betaal.
Stygende munisipale skuld kan watervoorsiening laat ineenstort
Die DA sê meer studietoere gaan nie die land se sukkelende waterinfrastruktuur herstel nie. Hiervoor is antwoorde en optrede nodig.
Gauteng skuld munisipaliteite miljoene
Die Gautengse provinsiale regering skuld sy munisipaliteite meer as R89 miljoen vir dienste aan die regering gelewer.
Staatsdepartemente moet miljarde se skuld aan munisipaliteite vereffen
Munisipaliteite se skuld aan Eskom is nagenoeg R20 miljard. Staatsdepartemente skuld munisipaliteite nagenoeg R20 miljard. Die wiskunde is eenvoudig: as staatsdepartemente hul rekeninge betaal, gaan munisipaliteite in ʼn baie beter finansiële posisie wees.
Lesersbrief: Hoe baie is baie?
Die nuusskrywer het verkeerdelik aangedui dat die Suid-Afrika se skuldprobleem ’n miljoen keer groter is, maar wat is ’n miljoen tussen vriende in Afrika?
Zim skuld lugredery miljoene dollar
Die vereniging het gewaarsku dat dit ʼn slegte invloed op die land se besigheid, handel en toerisme sal hê indien lugrederye gedwing word om hul diens aan Zimbabwe te onttrek.
Skuld wurg verbruikers ál meer
Die werkloosheidsyfer is steeds aan die toeneem en sal na verwagting einde vanjaar op 7,2 miljoen te staan kom, 1,3 miljoen meer as einde 2016.
Verbruikersake: Kies reg met skuldberading
Skuldberading is een uitweg vir verbruikers wat raadop is, maar dit is belangrik om die proses reg te benader. Ina Opperman het by die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) gaan raad vra.
Verbruikersake: Nuwe kredietplanne vir armes
Die parlement het onlangs die Nasionale Kredietwysingswetsontwerp goedgekeur, maar terwyl dit daarop gerig is om ʼn blaaskans te skep vir arm en kwesbare verbruikers, stem nie almal saam dat die stappe om skuldverligting te bring, so ʼn goeie idee is nie. Ina Opperman het na die voorgestelde veranderings gaan kyk.
Kredietwysigingswetsontwerp word aanvaar
Die wetsontwerp sal ook beoog om onder meer roekelose lenings te verminder en roekelose en onwettige lenings te kriminaliseer, en terselfdertyd verantwoordelike leen en uitleen aan te moedig.
Middelklas krimp, verbruikers verkeer onder finansiële druk
Nog raad van Roets was dat verbruikers nie skaam hoef te voel om ’n skuldberader te nader nie. Hy sê skuldberaders kan verbruikers met die nodige raad voorsien om struikelblokke en hindernisse vroegtydig raak te sien.
Nuwe huiseienaars nie aanspreeklik vir vorige skuld
Die konstitusionele hof het Dinsdag beslis dat historiese munisipale skuld op ʼn eiendom nie na nuwe huiseienaars oorgedra kan word nie.
Ontleders verskil oor rommelstatus-monster
Die gesprek oor “Suid-Afrika se kredietgradering” vat weer vlam. Dit is verstaanbaar aangesien die “groot drie” kredietgraderingsagentskappe, onder meer Moody’s, Standard & Poor’s (S&P) en Fitch, weer onderskeidelik oor November en Desember van dié jaar oor die gradering sal beslis.
Nuttige wenke om skuld hok te slaan
Daar word dikwels gepraat oor “goeie” en “slegte” skuld. Die enigste goeie skuld is wanneer ʼn mens geld leen om ʼn bate mee te finansier wat toeneem in waarde. Vir die meeste mense is dit hul woonhuis.
ʼn Moderne Griekse tragedie
Die Griekse staatskuldkrisis is vir ons in Suid-Afrika ʼn waarskuwing en ʼn les. ʼn Les omdat dit ʼn duidelike gevallestudie oor die gevare van onvolhoubare staatskuld is en ʼn waarskuwing omdat soortgelyke tendense reeds in Suid-Afrika se staatsfinansies bespeur word.
Munisipaliteite skuld meer as R10 miljard aan Eskom
Munisipaliteite dwarsoor die land het Eskom aan die einde van Junie meer as R10.8 miljard geskuld, volgens Pravin Gordhan, die minister van samewerkende regering.
Video: Vrou wat huis sou verloor, wen $1 miljoen
Penny Pompa van Monroe in Connecticut, Amerika, is verlede week Woensdagoggend met die nuus wakker gemaak dat sy $1 miljoen (ongeveer R10.5 miljoen) gewen het.
Bank vat Mandela se kleinseun hof toe
Oud.pres. Nelson Mandela se kleinseun, Zonda, is deur Investec Bank gedagvaar nadat hy glo nie sy voertuig- en kredietkaartpaaiemente kon betaal nie, het The Times Vrydag berig.
JHB sê jammer oor Mandela-fout
Die stad Johannesburg het Maandag om verskoning gevra nadat hy ʼn kennisgewing van ʼn agterstallige faktuur foutiewelik by voormalige pres. Nelson Mandela se huis in Houghton, Johannesburg, afgelewer het.