Aanklagte teen Thamsanqa Twala (32), ʼn man wat moontlik deel was van ʼn groep wat die sleepdood van die vierjarige Taegrin Morris veroorsaak het, is Vrydag in die Boksburg-landdroshof teruggetrek.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "sleepdood"
Man in hof oor kleuter se sleepdood
Een van die mans wat moontlik deel was van ʼn groep wat die sleepdood van die vierjarige Taegrin Morris veroorsaak het, het Woensdag vlugtig in ʼn volgepakte Boksburg-landdroshof verskyn.
Sleepdood: Duisende woon roudiens by
Duisende mense het Donderdagaand in Reigerpark, Boksburg, saamgekom vir ʼn roudiens vir Taegrin Morris, die vierjarige seuntjie wat kilometers ver langs sy ouers se gekaapte motor gesleep is.
Sleepdood: “Taegrin wou ʼn ingenieur geword het”
Taegrin Morris, die vierjarige seuntjie van Boksburg aan die Oos-Rand wat wreed aan die hand van kapers gesterf het, wou eendag ʼn ingenieur geword het.
Kind se sleepdood “harteloos”, wys misdaad is “buite beheer”
Taegrin Morris (4) van Boksburg aan die Oos-Rand se sleepdood word uit talle oorde veroordeel.