Souskluitjies bring heimwee van winterskoolvakansies by ouma. Van blaas-blaas tot die soetigheid op die lepel koud genoeg is om nie jou mond te brand nie, maar warm genoeg om die winter van binne af uit te hou. Maak hierdie resep as jy terugverlang na die warm gevoel wat net souskluitjies sal kan aansteek!
Alles vir die sleutelwoord "Smul saam met Maroela"
Resep-video: Hoender-pannekoekgebak
Kry aandete binne ʼn halfuur op die tafel met hierdie maklike en vullende resep. Jy kan die pannekoek met tortilla-wraps vervang.
Resep-video: Vrolike witsjokoladeblokkies
Of jy op die lang pad met vakansie is en of jy sommer net ʼn heerlike koppie tee by die huis geniet, sal hierdie koekies oud en jonk weer opgewonde maak vir die volgende blokkie of twee.
Resep-video: Oornag-hawermout
Dié maklike resepte maak hawermout só lekker dat die kinders selfs vroeg daarvoor sal opstaan op ʼn koue skoolvakansiedag.
Resep-video: Modderkoekies
Jou kinders sal gaande oor hierdie sjokoladehappies wees.
Resep-video: Krakerige hoenderstukkies
Maak hierdie smaaklike hoenderstukkies sommer gou in jou oond óf in die lugbraaier. Dit sal vir ʼn heerlike maaltyd sorg wanneer dit saam met slaai bedien word.
Resep-video: Biltong-en-kaassop
ʼn Bak vol warm romerige sop is die perfekte manier om die winterkoue af te weer.
Resep-video: Kondensmelk-melkkos
Daar is niks beter as ʼn smaaklike bak romerige melkkos op ʼn wintersdag nie. Hierdie is ʼn resep wat jy gerus as van jou gunstelinge kan bêre.
Resep-video: Hoenderpastei
Daar is min dinge wat ʼn kortpad-resep vir varsgebakte hoenderpastei oor ʼn tuisbly-naweek kan klop.
Resep-video: Ontbytbroodjies
Hierdie ontbytbroodjies is die perfekte dis om te bedien wanneer ’n klomp monde gevoer moet word.
Resep-video: Pampoenbrood
Of jy nou van pampoen hou of nie, hierdie brood is iets wat jy en jou gesin baie sal geniet. Dit is heerlik saam met ʼn koppie tee, vir ontbyt of selfs saam met aandete.
Resep-video: Kaasworspasta in een pot
Dié pasta is so vinnig en maklik om te maak – gooi alles net in een pot en binne ʼn paar minute het die hele gesin ʼn ongelooflike lekker maaltyd.
Resep-video: Malvalekkertert
Daar is min dinge so lekker soos ʼn heerlike stuk yskastert saam met ʼn lekker warm koppie koffie.
Resep-video: Gebakte boereworsrolletjies
Dié boereworsrolletjies met ʼn kinkel is ʼn wenner vir middag- of aandete.
Resep-video: Bobotie vir twee
As jy nog nie planne vir Valentynsdag het nie, is hierdie resep dalk net wat jy nodig het om ʼn heerlike romantiese afspraak by die huis te reël.
Resep-video: Sewelaag-sjokoladeblokkies
Begin jou mond ook water wanneer jy die woord “sjokoladeblokkies” hoor?
Resep-video: Maalvleispasteitjies
Trek hierdie resep volgende keer nader wanneer jy kopkrap oor wat in môre se kosblik moet kom.
Resep-video: Zoo-koekie-fudge
Pak dit in werk toe, sit dit in die kinders se kosblikke of steek dit iewers in die kas weg om later skelm te eet. Deel hierdie resep met iemand wat ʼn soettand het.
Resep-video: Gevulde skorsies
ʼn Heerlike alles-in-een-maaltyd! Die kinders sal nie eers weet hulle eet groente nie.
Resep-video: Milo-balletjies
Hierdie Milo-balletjies is nie net verspot maklik om te maak nie, maar ook heel gepas om in te pak werk en skool toe.