Frankryk, wat ons landjie in 1688 ’n stuk of 200 Hugenote-gesinne geskenk het, het Suid-Afrika se geskiedenis onherroeplik geraak. Die verstommende kulturele bydraes van die Du Plessis’s, Du Toits, Bothas, Jouberts, die Retiefs en baie ander loop soos ’n goue draad deur ons geskiedenis.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Sokkerwêreldbeker"
Sokker: Frankryk is Wêreldbekerwenners
Frankryk het Sondagmiddag as oorwinnaars uit die stryd gestap by Fifa se Wêreldbeker-toernooi in Rusland.
‘Geen spyt’ oor Wêreldbeker-tatoeflater
“Dis iets wat ek die res van my lewe gaan onthou!”
Nuuskommentaar: Rode Duivels en nasionalisme
Heel anders as ’n baie aktiewe beeld van selfversekerdheid wat die Nederlanders in vorige wêreldbeker-eindtoernooie uitgestraal het, fokus die Belgiese span nou op ’n gees van beskeie selfversekerdheid. Maar volgens die Belgiese pers het die span se huidige suksesse ook ’n gees van nasionalisme laat posvat.
Sokker: Wêreldbeker-glorie nou net drie weke weg
Hierdie week word die derde ronde binne vier dae afgehandel.
Sokker: Trane en vreugdes in ronde een van die Wêreldbeker
Die eerste ronde is reeds binne ses dae voltooi wat beteken al 32 spanne was in aksie. Daar was reeds ʼn paar skokke vir sekere ondersteuners en natuurlik groot vreugdes vir ander!
Sokker se wêreldbekerskouspel begin in Rusland
Twee en dertig lande het gekwalifiseer om aan die toernooi deel te neem wat oor ʼn tydperk van vyf weke gespeel word.
Konstruksiereus beboet oor Wêreldbekersokkertoernooi-sameswering
Die konstruksiereus Murray & Roberts is ʼn boete van miljoene rande opgelê vir samespanning rakende konstruksieprojekte vir die 2010-Wêreldbekersokkertoernooi.
Katar koop glo spelers uit Afrika vir Sokkerwêreldbeker
Katar het alles – ‘n suksesvolle bod om die Sokkerwêreldbeker in 2022 aan te bied, lugverkoelde stadions wat voltooiing nader, die land is sokkermal, baie geld – behalwe die spelers om hond haaraf te maak.
Duitsland is wêreldbekerkampioene
Duitsland het Sondagaand vir die vierde keer die Sokkerwêreldbeker omhoog gehou nadat hulle Argentinië met 1-0 geklop het.
Finale agt vir Sokkerwêreldbeker bekend
Die laaste agt spanne wat dit vanjaar om die Fifa Sokkerwêreldbeker gaan uitspook, is bekend.
Nuuskommentaar: Het Brasilië SA se Fifa-lesse ter harte geneem?
Hoe onthou Suid-Afrikaners die vorige Sokkerwêreldbeker wat in Suid-Afrika plaasgevind het? Sommiges sal die euforie onthou – die ontsnapping van die harde werklikhede van ‘n misdaadgedrewe land.