Regstellende aksie kan nie onbepaald voortgaan nie, dit het reeds sy doel gedien. En waar dit van toepassing is, moet dit op grond van meriete toegepas word.”
Alles vir die sleutelwoord "Solidariteit"
Raswette moet nóú stop
“Nou gaan ons verder. Solidariteit gaan weer ʼn klag by die Verenigde Nasies lê. Ons veg voort en harder. Ons durf nie ophou veg voor álle raswette stop nie.”
NGV: Planne om Ramaphosa, ministers regstreeks aanspreeklik te hou
Solidariteit het reeds pres. Cyril Ramaphosa en ministers Enoch Godongwana en Joe Phaahla in kennis gestel dat sou hulle onderneem om met die NGV voort te gaan, die organisasie ʼn kostebevel teen hulle sal versoek.
Solidariteit sê oor ‘kranksinnige’ NGV
Suid-Afrikaners het reeds toegang tot gratis gesondheidsorg en die ware behoefte is dat hierdie openbare gesondheidsorgstelsel onderhou en verbeter moet word, sê die organisasie wat vandag sy inset oor die NGV in die Nasionale Raad van Provinsies sal lewer.
Solidariteit vies oor ‘intimidasie van onderwysers’
Die adjunkminister van onderwys het vandeesweek tydens ʼn vraesessie gesê indien die meerderheid leerders in ʼn skool Afrikaanssprekend is, ʼn Engelssprekende leerder nie weggewys kan word nie. Die Solidariteit Onderwysernetwerk meen dié uitlating skep die verwagting by leerders dat hulle by Afrikaanse skole kan opdaag en onderrig in Engels kan verwag.
Solidariteit ‘swaai só digitale beroepsdeure oop na die toekoms’
Solidariteit swaai vandag die digitale deure na die toekoms wawyd oop met die bekendstelling van sy splinternuwe Afrikaanse aanlyn netwerkplatform wat op opleiding en werk fokus.
Solidariteit weier ondertekening van Kumba-ooreenkoms
“Ons weiering om te teken is ’n beginselsaak. Kumba onderhandel nie in goeie trou nie.”
Ondersoek teen Eskom se Pillay moet ‘vinnig, deeglik’ wees
Ons dring aan op harde en vinnige optrede teen enige vorm van korrupsie, maar ons vra ook vir deeglike en regverdige ondersoeke,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.
Partye gereed om NGV op alle vlakke te beveg
“Die regering se planne om gesondheidsorg te kaap is onbekostigbaar en nie uitvoerbaar nie. Die regering het reeds misluk met die openbare gesondheidsorgstelsel en wil nou op nog ʼn groter skaal misluk.”
Eskom-vrystelling ‘oorwinning vir deursigtigheid’
Solidariteit het die minister van finansies se aankondiging verwelkom dat Eskom se vrystelling oor verslagdoening oor verkwiste uitgawes opgeskort is. Nadat die vrystelling op 31…
Regstreekse gesprek: Watter ras pas?
Die regering wil besluit watter ras pas by watter werk, sê Solidariteit, wat reeds voorberei vir ʼn epiese hofstryd om die regering se voorgestelde rasteikens te stuit. Kyk hier na ʼn regstreekse gesprek oor die voorgestelde teikens.
Raskwotas: 2 uit 3 wittes gaan moet waai
Twee uit drie wit werknemers in die boonste vier posvlakke gaan hul poste binne die volgende vyf jaar moet ontruim om die regering se sektorale rasteikens te haal, dui ‘n voorlopige verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) aan.
Minister moet sê oor ‘voortydige en absurde’ rasregulasies
“Om die konsepregulasies in dié stadium te publiseer is irrasioneel, om die minste te sê.”
Regstappe kom dalk oor UKZN se ‘diskriminasie’
“Dit is onaanvaarbaar om in ʼn land soos Suid-Afrika, waar werkloosheid deurgaans toeneem, studente en jong mense te straf omdat hulle nie swart is nie.”
Besnoeiing aan geld vir maatskaplike dienste ‘ernstige bedreiging’
Solidariteit waarsku ook dat die uitwerking van die beperkende besnoeiings van begrotings veel wyer gevoel sal word as net by die NRO’s waarop die besnoeiings gemik is.
Oorwinning vir polisieman ná onbillike bevordering
Die bedingingsraad se uitspraak stuur ʼn duidelike boodskap dat onredelike bevoordeling in die aanstellingsproses binne die polisie nie meer geduld gaan word nie, sê Solidariteit.
Maatskaplike werkers as hoopdraers vereer
Altesaam 11 maatskaplike werkers van oor die land heen is vandeesweek as die hoopdraers in hulle gemeenskappe aangewys.
Staat het geweet ramptoestand is ongeldig
“Dit is heeltemal duidelik uit die staat se hofstukke dat die besluitnemingsproses om ʼn ramptoestand in te stel irrasioneel, leeg en gebrekkig was.”
Ramptoestand oor krag: Só verander regering sy deuntjie
Hofstukke wys die ramptoestand oor die kragkrisis is afgekondig ten spyte van verskeie sleutelrolspelers se aanbeveling dat bestaande wetgewing die kwessie kan hokslaan.
Potch se Geesfees help honger magies voed
“Die feesorganiseerders en -borge poog om voedsel vir die siel te verskaf en bewusmaking van hongersnood onder die land se kleuters te skep.”