“Ons sal beter slaap as ons beter as misdaadbendes georganiseer is. Die goue driehoek is van groot waarde om geweld beter te voorkom.”
Alles vir die sleutelwoord "Solidariteit"
‘Tragiese Coligny-ongeluk word vir politieke redes misbruik’
“Die reg moet sy volle gang gaan en lede van die publiek moet hulle daarvan weerhou om self landdros te speel deur die mans in die media skuldig te bevind.”
Hofstryd kom oor sportkwotas
“Dit is skreiend dat die ANC sulke strawwe rassekwotas afdwing. Dit is egter nie verrassend nie. Vir die ANC is plaaslike rassewetgewing en internasionale ooreenkomste maar net lippetaal.”
Meidag, ʼn dag om te vermy
Behalwe as jou sentimente by die sosialiste lê, behoort Werkersdag 1 Mei jou koud te laat, skryf Sebastiaan Biehl.
Solidariteit tree toe as vriend van die hof in skole-godsdienssaak
Dit is vir Solidariteit uiters belangrik dat openbare skole die vryheid moet hê om ʼn Christelike karakter te kan kies. “Hierdie geloofsuitgangspunt is Grondwetlik moontlik, prakties uitvoerbaar en speel ʼn belangrike rol in die sukses van talle skole in die land.”
Nog ʼn wending in die skolegodsdienshofsaak
Die hoofbestuur van die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU) het Vrydagoggend besluit om as vriend in die hofsaak oor die behoud van godsdiens in skole te onttrek.
UV-taalbeleid dalk weer in die hof
Solidariteit en AfriForum vra die konstitusionele hof om die Universiteit van die Vrystaat se besluit om ʼn nuwe taalbeleid te aanvaar, tersyde te stel.
MRK kan nie feite van Solidariteit se rassismeverslag betwis
Die vakbond Solidariteit se verslag oor die selektiewe hantering van rassisme en haatspraak en Gail Smith, die MRK se woordvoerder, se reaksie daarop laat duidelike rooiligte flikker oor die hantering van haatspraak deur die MRK, skryf Eugene Brink.
Selektiewe hantering van rassisme baat niemand nie
“Ongelukkig het die rassisme ʼn stuk ideologiese en taktiese gereedskap geword waarmee haat en geweld teen wittes geregverdig word.”
Wetsontwerp wil privaat eiendomsreg verder ondergrawe
Die vakbond Solidariteit is ernstig besorg oor die voorgestelde Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrond.
Kom ons bou Zuma uit ons lewens uit!
Kom ons oefen almal baie druk uit om Zuma uit die kussings gelig te kry. Kom ons stem met mening om die ANC te verwyder, maar kom ons bou harder aan ’n toekoms waarin ons vry, veilig en voorspoedig kan wees.
Stop die selektiewe hantering van rassisme
Suid-Afrika is te geduldig met swart-op-wit-rassisme en -haatspraak. Gewone wit Suid-Afrikaners se onaanvaarbare rassistiese opmerkings op sosiale media word op die voorblad van elke koerant bespreek, terwyl invloedryke politici en regeringsamptenare met gesag se haatspraak veel minder aandag geniet.
Verslag oor dubbelstandaarde wat geld by rassisme kom
“Met die hulp van die seepkissie wat sosiale media bied, stereotipeer en misbruik rassiste van alle kleure en oortuigings mense van ander rasse. Sommige gaan selfs so ver as om haat en geweld aan te blaas teen andere, veral minderhede.”
Hoop vir SA se ‘sukkelende’ staalbedryf
Nog ʼn Suid-Afrikaanse bedryf wat werk aan derduisende mense verskaf, word bedreig deur die storting van gesubsidieerde produkte van die buiteland in die plaaslike mark.
Hlaudi-aansoek vandag aangehoor
Die vakbonde Solidariteit en Bemawu se aansoek dat Hlaudi Motsoeneng toegevoeg moet word as respondent in hul kostebevelsaak teen die SAUK sal Dinsdag in die arbeidshof in Johannesburg aangehoor word.
Skep werk om menseregte te bevorder
“Sowel die ANC as die EFF stel met die aanhoudende getokkel op grondhervorming strooipoppe op wat die aandag van die werklike probleme in die land, naamlik armoede en werkloosheid, aflei.”
Laaste verontregte DKD-lid nou aangestel
Die vakbond Solidariteit het Vrydag gesê die laaste lid van die departement van korrektiewe dienste (DKD), wat weens onbillike diskriminasie oor die hoof gesien is vir bevordering, is terugwerkend vanaf 1 Desember 2010 aangestel en vergoed.
Die verband tussen haatspraak en plaasmoorde
Die burgerregte-organisasie AfriForum reik Donderdagoggend ’n verslag uit waarin ’n verbintenis tussen haatspraak deur politici en plaasmoorde vir die eerste keer onthul word.
Plaasaanvalle: ‘Bury them alive’-uitlating ontstig
Duduzile Manana, ʼn ANC-LP, het Dinsdag glo in die nasionale vergadering “Bury them alive!” geskree tydens die debat oor plaasmoorde.
UP binnekort in hof oor taalbeleid
Die burgerregte organisasie AfriForum en die vakbond Solidariteit se verlof tot appèl in die saak teen die nuutaanvaarde taalbeleid van die Universiteit van Pretoria (UP) is Vrydag in die Noord-Gautengse hooggeregshof gereserveer.