Twee nuuspole van 2015 gaan ’n beduidende impak op 2016 hê, naamlik pres. Jacob Zuma wat wyd met die negatiewe geassosieer word, en die Solidariteit Beweging se Plan B wat wyd met ’n positiewe baken van hoop geassosieer word. Voeg hierby Oscar Pistorius se skuldigbevinding aan moord onder appèl, Steve Hofmeyr se uitsluiting van die KKNK sonder dat hy beplan het om deel te neem, die droogte, voortgesette plaasaanvalle, en ons het ’n propvol nuusjaar.
Alles vir die sleutelwoord "Solidariteit"
Regering gryp in om poste in staalbedryf te red
Die departement van arbeid het Maandag gesê danksy die regering se ingrype is 650 werkers in die staalbedryf wat deur afleggings in die gesig gestaar is, se poste gered.
Tienpunt-aksieplan vir vryheid, veiligheid en voorspoed
Daar is onmiskenbare tekens dat die huidige bedeling sy einde nader, en dat daar opnuut vir die toekoms beplan moet word.
M-Net-internskap ‘nou oop vir almal’
Die vakbond Solidariteit het gesê M-Net het voor volgehoue druk geswig en sy “diskriminerende internskapsadvertensie” oopgestel vir kandidate van alle rassegroepe.
Kinderontvoerings: Wees paraat met dié wenke
Tinus Vollgraaff van Solidariteit deel belangrike wenke oor hoe om jou kinders veilig te hou.
Verdoemende SAL verslag in publieke domein
Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat die verdoemende interne verslag, wat SAL verlede week inderhaas deur middel van ’n hofinterdikaansoek gekeer het om deur die media bekendgemaak te word, in belang en deel van die publieke domein is.
Maties-taalbeleid: ‘Meer as 30 000 steun referendum’
Meer as 30 000 oudstudente en belanghebbendes het in samewerking met die vakbond Solidariteit in ʼn onlangse referendum vir die behoud van Afrikaans op die Universiteit Stellenbosch (US) deelgeneem.
Groepsklag kom dalk teen M-Net
Die vakbond Solidariteit het vandag bekendgemaak dat hy van voorneme is om ’n groepsklag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) in te dien oor M-Net se diskriminerende Magic in Motion-internskap.
M-Net sê oor ‘diskriminasie teen wittes’
Die betaalkanaal M-Net het Donderdag gereageer op die beskuldig van die vakbond Solidariteit dat hy teen wit mense diskrimineer.
M-Net diskrimineer teen wittes – Solidariteit
Die vakbond Solidariteit het die betaalkanaal M-Net vandag daarvan beskuldig dat hy onbillik teen wit mense diskrimineer.
Bankkoste: Kyk hier hoe vaar jou bank
“Bankkliënte wat ontevrede met hul bankkoste is, moet dit nie net gelate aanvaar nie.”
‘DKD se regstellendeaksieplan moet nietig verklaar word’
Die vakbond Solidariteit het vandag die konstitusionele hof in Johannesburg versoek om die departement van korrektiewe dienste (DKD) se regstellende aksieplan nietig te verklaar.
Nuuskommentaar: Bruin man quo vadis?
Vandag se saak voor die grondwetlike hof waar Solidariteit namens bruin DKD-lede ’n erge onreg probeer regstel, handel oor veel meer as suiwer regsbeginsels. Benewens die feit dat die uitspraak moet voorkom dat die reg absurd word, neem dit ’n groot gemeenskap se reg tot volwaardige burgerskap, sosio-ekonomiese deelname, selfrespek en minderheidsregte onder die loep; ook met die doel om die ANC se blatante invoer van neo-apartheid in die bek te probeer ruk.
[Video] Regstellendeaksie-saak vandag in konstitusionele hof
ʼn Drie jaar lange hofgeding tussen Solidariteit en die departement van korrektiewe dienste (DKD), , wat as die grootste regstellendeaksie-saak nóg in Suid-Afrika beskou word, word Woensdag in die konstitusionele hof in Johannesburg aangehoor.
Video: Regstellendeaksie-saak vandeesweek aangehoor
ʼn Regstellendeaksie-hofsaak wat moontlik die toepassing van regstellende aksie ten opsigte van minderheidsgroepe in Suid-Afrika vir altyd kan verander, word Woensdag in die hof aangehoor.
Regstellendeaksie-saak na konstitusionele hof, ‘uitkoms sal radikale gevolge hê’
Terwyl die slagordes vandeesweek opgestel word voor vir die grootste regstellendeaksie-saak nóg in Suid-Afrika, veg die bruin lede van die departement van korrektiewe dienste (DKD)…
Solidariteit se klag oor rassediskriminasie deur VN aangehoor
Die Verenigde Nasies (VN) het bevestig dat hy Solidariteit se klag van rassediskriminasie teen die Suid-Afrikaanse regering sal aanhoor.
‘Universiteite moet personeel beskerm’
Die vakbond Solidariteit neem tans regstappe om universiteite te dwing om Solidariteit se lede en ander personeel behoorlik te beskerm.
Riah Phiyega se skorsing verwelkom
Talle partye het die skorsing van Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, verwelkom.
Solidariteit bereik ooreenkoms in steenkoolbedryf
Die vakbond Solidariteit het vandag, ná tien rondes van onderhandelinge, insluitend verskeie geskilrondes by die KVBA, ʼn tweejaarooreenkoms vir ʼn loonverhoging vir werknemers in die steenkoolbedryf onderteken.