Rheinmetall Denel Munition het in ʼn verklaring gesê die ontploffing Maandagmiddag by sy depot in Somerset-Wes in die Wes-Kaap het die hele gebou verwoes.
Alles vir die sleutelwoord "Somerset-Wes"
Dodetal styg ná ontploffing in Somerset-Wes
Die dodetal het gestyg ná ʼn groot ontploffing Maandagmiddag by die Rheinmetall Denel Munition-depot in Somerset-Wes in die Wes-Kaap.
Minstens 4 dood ná ontploffing in Somerset-Wes
Minstens vier persone is dood en verskeie word steeds vermis ná ʼn groot ontploffing by die Rheinmetall Denel-depot in Somerset-Wes in die Wes-Kaap.
Vrou vertel van nagmerrie-aand toe sy inbreker doodskiet
“Toe sien ek die flitslig in die sitkamer en hierdie onbeskryflike vrees kom oor my. Ek het omgedraai, die vuurwapen gaan haal en ek is terug sitkamer toe.”
Vrou skiet inbreker: Man ook vir ander misdade gesoek
Die man se naam kan nog nie bekend gemaak word nie aangesien die polisie nog sy naasbestaandes in kennis moet stel.
Vrou skiet vermeende inbreker dood
ʼn Vrou van Somerset-Wes in die Wes-Kaap het ʼn vermeende inbreker in haar huis doodgeskiet.
Sentrum rig pleidooi ná besoeker diertjie glo steel
“Die een oomblik was sy nog daar en die volgende oomblik was sy net weg,” sê sy. “Dit is skokkend dat iemand net ʼn ander mens se diere kan steel. Die polisie is ook by die saak betrek.”
Seun (17) val na sy dood in natuurreservaat
Toe hulle op pad terug was, het een van die tieners amper geval en vir die res van die groep gesê om versigtig te wees omdat die paadjie glad is.
Mia Cara, gesin pak tasse vir behandeling in VSA
“Anderdag het ʼn seuntjie haar gevra: ‘Weet jy dat jy kanker het?’ Toe sê sy ‘ja’. Toe vra hy: ‘Weet jy dat jy gaan doodgaan?’ Toe sê sy: ‘Ek gaan nie nou doodgaan nie, man. Ek gaan eers doodgaan as ek oud is.’ Sy is ons klein vegtertjie – saam sal ons hierdeur kom.”
Klein Mia Cara veg steeds verbete
“Ons gesin stoei voort – ons weet die Here gaan ʼn weg baan waar daar nie noodwendig een was nie. Daar is gelukkig mense wat ons van heinde en ver ondersteun en ons glo dat ons met genade hierdie behandeling kan laat gebeur.”
‘Ek sal haar seer, siekte vat,’ sê pa oor dogter (6) se stryd
“Mia Cara is ʼn klein vegter. Sy het dié stryd aanvanklik met baie moed aangepak, maar sy is nou moedeloos. Sy vra nou haar mamma wanneer dit verby gaan wees. Geen kind verdien dit nie. Ek sou haar siekte in ʼn oomblik vat as sý net gesond kon wees.”
Dramatiese foto’s van Somerset-Wes-brand
Die brand in die omgewing van Somerset-Wes woed steeds voort.
Een dood, drie beseer toe vullistrok omslaan
Een persoon is Vrydagmiddag dood en drie ander beseer toe ʼn vullisverwyderingsvragmotor in Somerset-Wes, ongeveer 45 km buite Kaapstad, omgeslaan het.
Drie beseer tydens skietery op plaas in Somerset-Wes
Drie persone is Saterdagoggend beseer tydens ʼn beweerde rooftog op ʼn plaas in Somerset-Wes, oos van Kaapstad.
Man in parkeerterrein doodgeskiet
ʼn 37-jarige man is Saterdagoggend in die parkeerterrein van ʼn winkelsentrum in Somerset-Wes doodgeskiet.
Vermiste bejaarde se liggaam gevind
ʼn 85-jarige man van Somerset-Wes in die Wes-Kaap se liggaam is enkele dae nadat hy vermis geraak het, gevind.
Goeie nuus: Facebook-skets bring dalk liefde
Pieter van der Merwe (25), ʼn industriële ontwerper van Somerset-Wes, sal binnekort die meisie van sy drome op ʼn afspraak kan neem danksy ʼn potloodskets wat hy op sosiale media geplaas het.
Man geskiet tydens rooftog
‘n Man is Maandag geskiet en gewond tydens ‘n rooftog in Somerset-Wes in die Wes-Kaap.
Vrou met Kongo-koors in W-Kaap-hospitaal
Die vrou wat vir Kongo-koors by die Medi-Clinic Vergelegen in Somerset-Wes in die Wes-Kaap behandel word, is ʼn geïsoleerde geval, het hospitaalbeamptes Sondag gesê.
Foto van haaie in Somerset-Wes-winkelsentrum?
Dié foto van haaie in ʼn winkelsentrum wat ʼn paar weke gelede deur die gebruiker Jamie King op die internet gelaai is, doen weer die ronde. ʼn Paar lesers wou weet of dit ʼn foto is van die winkelsentrum in Somerset-Wes nadat dié gebied oor die naweek erg deur vloede geraak is.