Spansport kan kinders se selfbeeld, koördinasie en algemene fiksheid ʼn hupstoot gee. Daar is egter baie kinders wat bloot nie belangstel in deelname aan tradisionele spansport nie.
Alles vir die sleutelwoord "SOS"
Dié organisasies haal uit en wys vir Afrikaans
Die Virseker Trust se toewyding tot die uitbou van Afrikaans is veel meer as net mooipraatjies.
Luister: Anderkant die KABV
In hierdie insiggewende aflewering gesels dr. Celia Booyse oor die Suid-Afrikaanse skoolkurrikulum, hoe dit ontstaan het en hoe die professionele rol van die onderwyser daardeur drasties afgeskaal is – tot nadeel van ons kinders se opvoeding.
Luister: Gelykheid teenoor uitnemendheid
Wonder jy oor die strewe van gelykheid in die onderwys? Het jy al die term “inklusief” gehoor? In hierdie episode gesels die Solidariteit Skoleondersteuning (SOS)-span met Werner Human, adjunkbestuurshoof van regsake en navorsing by Solidariteit, oor ʼn paar ernstige sake wat die onderwys raak en hoe ons daaraan aandag kan gee.
7 slim wenke hoe ouers tyd kan maak
“Daar is gewoon nie tyd nie.” Hoe dikwels hoor ons nie hierdie woorde nie? Dan kom die antwoord: Maak tyd! Maar hoe maak ʼn mens tyd as daar net 24 uur in ʼn dag is?
Luister: Onderwys oor die volgende 200 jaar
Prof. Irma Eloff gesels in hierdie episode onder meer oor hoe geen onderwysstelsel die gehalte van sy onderwysers kan uitpresteer nie, hoekom ʼn stelselverandering wel moet plaasvind en hoe ons so ʼn stelselverandering kan teweegbring.
Só kan skole munisipale koste laat daal
Skole bestee ongeveer 10% van die maandelikse begroting aan munisipale dienste.
Luister: Skole en gemeenskappe moet hande vat
Die gemeenskap waarin ʼn skool gevestig is, moet in vennootskap met daardie skool staan. Sonder hierdie vennootskap sal jy sien hoe skole tydens vakansies beskadig word, asook hoe skole se infrastruktuur verval en skole se deure uiteindelik gesluit word.
Watter bril dra jou kind?
Wanneer die staat toegelaat word om op outoritêre wyse die kurrikulum se inhoud en standaarde te bepaal, word gelowige ouers en die Christelike gemeenskap die reg ontsê om hul verantwoordelikheid teenoor God ten opsigte van die onderrig van hul kinders na te kom.
Toekenning vereer onmiskenbare rol van onderwysers
Vanjaar kan laerskool-, hoërskool- én kleuterskoolonderwysers vir die Solidariteit-onderwysernetwerk se Onderwyser van die Jaar-toekenning genomineer word.
Luister: Hoe lyk ’n Christelike skool?
Dr. Wikus Buys, uitvoerende direkteur van Begrond Instituut, vertel ons in hierdie episode oor die profetiese deel van onderwys, die aard van ’n Christelike skool en die rol van die gemeenskap in onderwys.
Is die naaste skool die beste skool?
Hierdie is die vrae wat die hoogste prioriteit moet geniet wanneer jy ʼn skool vir jou kinders kies.
Luister: Karakter, waardes is belangriker as punte
Dr. Jeanette De Klerk-Luttig is ’n kenner in karakterontwikkeling en sy meen karakterontwikkeling in skole is ononderhandelbaar. Daaroor gaan niemand kan stry nie, maar hoe ontwikkel ʼn mens leerders se karakter en dra goeie waardes aan hulle oor?
VivA bou brug tussen skool- en universiteitsgrammatika
Dit wat leerders op skool leer, moet op ’n manier deel word van die goue draad wat deur taalonderrig op universiteitsvlak geweef word.
Uitwerking van inperkingtrauma steeds tasbaar in klaskamers
’n Volwassene wat ’n kind met trauma na die speelterrein toe stuur wanneer hulle daaroor probeer gesels, veroorsaak ongetwyfeld dat ’n stuk vrymoedigheid verlore gaan.
Wat is belangriker as toetspunte?
Ek is onlangs tot stilstand geroep met die besef dat mooi prestasies wel vir ons kinders baie deure oopmaak, maar dit is net karakter wat daardie deure oop hóú. Ek moes myself afvra: Het ons die afgelope vier jaar belê in die ontwikkeling van ons kinders se karakter?
Tegnologie móét en kan geleidelik in enige klaskamer geïntegreer word
Onderwyskenners meen die integrasie van tegnologie in die klaskamer gaan ʼn groot kopskuif verg en hoef nie noodwendig oornag of met die jongste en duurste tegnologie te gebeur nie.
Kenners bekyk sukses, toekoms van Afrikaanse onderwys
“Die ondersteuning van die gemeenskap en ouers moenie gering geskat, of as vanselfsprekend aanvaar word nie.”
‘Groter selfstandigheid skole se behoud’
“Skole en skoolgemeenskappe onderskat soms die mag wat hulle binne die bestaande regsraamwerk het.”
Bela-wet in kollig by eerste dag van onderwyskongres
“Ons werk om die toekoms van Afrikaanse onderwys te verseker, deur dit in stand te hou én nuut te bou, waar nodig.”