Die sterk voormalige senter van Tukkies en die 2017-Varsitybeker se Droomspan, Impi Visser, is ingesluit in die Blitsbokke se span wat aanstaande naweek in Dubai in Wêreldrugby se eerste toernooi van 2018/’19 speel.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "span"
Eddie verander sommer 11 aan sy verloorspan vir Japan-wedstryd
Eddie Jones het duidelik gewys wat hy van sy ou span Japan se rugbykrag dink deur nie minder nie as 11 veranderinge te maak aan Engeland se span wat verlede Saterdag met een punt teen die All Blacks verloor het.
Rassie verander noodgedwonge aan sy Springbokspan
Dit gebeur op elke moderne Springbok-toer dat daar ʼn paar spelers is wat gefrustreerd raak omdat hulle vir weke lank duiksakke moet vashou.
Hoera, ʼn Springbokspan sonder verrassings!
Dit gebeur nie aldag dat ʼn Springbokspan geen verrassings inhou en boonop ook die goedkeuring van die meeste van die ondersteuners wegdra nie.
Twee SA stutte in Skotland se jaareindgroep
Alan Dell, wat verlede jaar saam met die Britse en Ierse Leeus getoer het maar nie in ʼn toets gespeel het nie, en WP Nel, is twee Suid-Afrikaanse stutte in die Skotse jaareindgroep van 40.
Rhodes, Schonert onder agt nuwelinge in Engelse jaareindgroep
Die Engelse afrigter Eddie Jones het ʼn paar oë laat rek maar onder moeilike omstandighede baie naby aan die span gekies wat die meeste kenners verwag vir die vier jaareindtoetse verwag het.
Poemas snoei óók in week van verandering
Dit was ʼn week van verandering met die aankondiging van die vier spanne vir Saterdag se twee Rugbykampioenskap-toetse.
Poemas breek óók eie reël, kies oorsese kragman
Die All Blacks se diepte maak dit onnodig om sulke voorskrifte te maak, maar hul drie vennote in Sanzaar se Rugbykampioenskap het nou almal hul selfgeskrewe spankiesreëls verbreek.
Bokke: Gedugte pak en opwindende jong driekwarte gekies
ʼn Goeie en ervare pak met vier terugkerendes, ʼn “groentjie”-agterlyn en ʼn bank gelaai met opwindende spelers.
Sonder Bokke, maar heelwat Super-ervaring by die Bulle
Die Blou Bulle mag nou wel ʼn aantal spelers aan die Springbokspan en beserings afgestaan het, maar Hanro Liebenberg sal Vrydagaand (19:00) in Bloemfontein ʼn ervare groep spelers op die veld lei.
Vrystaat Cheetahs soek vinnige wegspring vóór Pro14
Die Vrystaat Cheetahs moet hul eerste twee Curriebeker-wedstryde gebruik om vir die res van die seisoen op te maak wanneer hul beste spelers vir die Cheetahs in die Pro14-reeks sal speel.
Sanzaar trap ook met spankeuse klei
Die geloofwaardigheid van Sanzaar, die Suidelike Halfrond se belangrikste rugbyliggaam, het Dinsdag nóg ʼn knou weg.
Blitsbokke sterk en ervare selfs sonder dié agt
Die Blitsbokke sal in die Seweswêreldbeker-toernooi wat van 20-22 Julie in San Francisco plaasvind, net een speler hê wat al in die toernooi gespeel het.
Eddie verander net twee voorspelers vir Bloemfontein
Die Engelse afrigter Eddie Jones het net twee skuiwe aan sy verloorspan gemaak vir Saterdag se tweede toets teen Suid-Afrika in Bloemfontein.
Eddie Jones verras met sy Engelse span
Rugbyafrigters laat ʼn mens deesdae kwaai kopkrap.
All Black-keurders verras nie (wat anders het ons verwag?)
Wanneer Rassie Erasmus volgende Saterdag sy Springbokgroep van sowat 40 spelers bekend maak vir die komende toetse teen Wallis en Engeland, sal daar ’n groot gebrom wees, wees maar verseker daarvan.
Eers die Bulls, dan Junior Bokke se opwarmtoer vir Damian
Damian Willemse sal net die Stormers se wedstryd op 12 Mei op Nuweland teen die Chiefs misloop nadat hy eers by die Suid-Afrikaanse o.20-toerspan vir hul laaste opwarmwedstryd op 11 Mei in die VK aansluit.
Blitsbokke: Hongkong se uitblinkers kry kans in Singapoer
Sewe van die jongelinge wat twee weke gelede in Hongkong verbaas het toe hulle sonder die land se uitsoekspelers by die Statebondspele derde in Wêreldrugby se sewestoernooi geëindig het, is ingesluit in die Blitsbokke se span vir aanstaande naweek se toernooi in Singapoer.
Vier Bokke op sterk Sharks se bank
Sy een seun is nie in die beginspan nie, die ander vervang ʼn Springbok en die derde is beseer.
Allister skiet van die heup af
Wat? Kan dit waar wees?