Daar is ʼn nuwe jaar wat om die draai lê en wink. Ons almal het voornemens en planne vir die jaar wat voorlê. Dit is ook ʼn tyd om te besin oor jou lewe en dit is nodig om te vra: hoe vol is jou dagboek?
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "spanning"
‘Uitbranding’ nou amptelik ‘n diagnose
Die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO) het “uitbranding” vandeesweek amptelik as ʼn beroepsprobleem erken.
Boek: Offerlam
’n Oproep van haar vervreemde suster, Tieneke, keer Caz se rustige lewe eensklaps op sy kop. Josefien Colijn, die vrou wat Caz haar lewe lank as haar ma geken het, is op sterwe. As Caz wil weet wie haar biologiese ouers is, moet sy Gent toe kom voor Josefien sterf.
Boek: Die vierde stem
François Bloemhof is bekend daarvoor dat hy aanhangers van spanningsverhale telkens gee wat hulle soek – én wat hulle nie kon verwag nie. Met “Die vierde stem” is dit waarder as ooit.
Boek: Witwatersrand
Vanjaar is die 50ste herdenking van Wilbur Smith se eerste roman, “When the lion feeds”. Die roman is steeds in druk en is wêreldwyd in meer as 20 tale gepubliseer. Die boek is in Afrikaans beskikbaar as “Witwatersrand”.
Uittreksel: Infanta (Deon Meyer)
Uittreksel uit die boek, ‘Infanta’, deur Deon Meyer.
Boek: Infanta
Een van Deon Meyer se mees geliefde boeke is nou weer beskikbaar! Bennie Griessel wil sy lewe terughê. Hoe ver sal hy gaan?
Boek: Die ontwaking
“Die ontwaking” is ’n spesiale uitgawe van die filmweergawe van Karsten se “Abel se ontwaking” met Gys de Villiers, Juanita de Villiers en Paul Eilers in die rolverdeling. Nóg ‘n uitstekende spanningsverhaal uit Chris Karsten se pen.
Boek: Krake
As hy die finansiële state het, kan hy begin. Daarvoor het hy kontakte by al die belangrikste banke, sorgvuldig oor jare bymekaargemaak. Op sommige van hulle het hy ’n houvas omdat hy inligting oor hulle uitgesnuffel het. ‘n Spanningsvolle spioenasieverhaal.
Boek: Sondebok
AJ Williams is op 30 kaptein in die polisie, maar sy veg om die stereotipering te oorkom wat haar bruin vel en geslag ontlok.
Boek: Ctrl Z my lewe
‘n Oorspronklike spanningsverhaal met ‘n Christelike ondertoon.
Boek: Skoppensboer
“Want swart en droef, die hoogste troef . . . oor ál wat roer, is Skoppensboer” – die laaste woorde wat Skoppensboer se slagoffers hoor voor hy hulle “uitvee”. Want as hy van iemand ontslae raak, is dit asof hulle nooit bestaan het nie. En dus weet niemand wie Skoppensboer werklik is nie…
Boek: Ballade vir ‘n enkeling
In die middel jare tagtig het die treffer TV-reeks ‘Ballade vir ’n enkeling’ rekords gebreek. En nou word die verhaal weer vertel, maar dié slag soos dit werklik gebeur het, sonder versagting, aangepas vir 2014. Die boek waarvoor almal gewag het.
Boek: Donker spoor
Die laaste ding waarvoor die middeljarige inspekteur Jan Magson Ius is, is ʼn reeksmoorddossier, maar saam met inspekteur Colin Menck volg hy die spoor.
Gekoopte leuens
deur Lien Roux-de Jager Dit is die tweede roman waarin Kalli Krynauw die manne se wêreld aandurf en haar klein skoentjies volstaan in ʼn wêreld…
Uittreksel uit “Vuilspel” deur Bettina Wyngaard
‘n Uittreksel uit Bettina Wyngaard se spanningsverhaal, “Vuilspel”
Moord in die beloofde land
Francois Bloemhof se nuwe spanningsvolle roman oor ‘n man in wie ‘n onbekende mag stadig die oorhand kry.
’n Ander mens
Skitterend, skerp en spannend. ’n Sterk, karaktergedrewe en ongewone spanningsverhaal.
Nuwe boek: ‘n Man van min belang
Op ‘n fynbosplaas in die Langkloof word die oorskot van vier jongmense gevind. Onder dié wat antwoorde soek, is die amper-afgetrede joernalis Luther van die Struggle-veteraan Mosman…
Nuwe boek: Diva
Diva is een van die spanningsromans van die jaar by LAPA.