Ouers moet besef dat “jagentjies” op die grasperk speel net so opvoedkundig soos die wiskundespeelgroep kan wees. Hierdie aktiwiteite kan ook nie in ’n kwaliteittyd-oomblik ingepas word nie. Kinders het genoeg tyd nodig om net te wees en ongestruktureerd te speel en hul verbeelding te ontwikkel.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "speel"
Resep-video: Speelklei
Onthou jy nog hoe lekker jy met klei gespeel het?
[Foto’s] Speelplekke wat selfs volwassenes sal lok
Monstrum, ʼn Deense maatskappy wat spesialiseer in kreatiewe en fabelagtige speelterreine vir kinders, se ontwerpe is só wonderlik dat selfs volwassenes ʼn draai of twee op dié terreine wil maak.
Speel en praat jou kind slim
Navorsing bewys ook dat jy nie duur opvoedkundige speelgoed of digitale toestelle vir jou kind hoef te koop om hom op te skerp nie. Jy het ook nie nodig om jou kinders gedurig rond te ry na selfverrykingsklasse nie. Jy kan baie eenvoudiger dinge met jou kind doen om hom skoolgereed te maak.
Vergete kinderspeletjies opgespoor
Vanmelewe se kinders het altyd die lekkerste speletjies buite gespeel: van krappe-en-krewe tot vroteier. Met die verloop van tyd het sommige van dié speletjies verlore geraak. Maroela Media het ʼn boek opgespoor waar al dié wonderlike speletjies opgeteken is.
Woef het emosies soos jy
As Woef baie bly is as jy by die huis kom, of vir hom ‘n stukkie biltong afkerf, is dit omdat hy emosies net soos jy het.
Video: Pandas op ‘n glyplank
ʼn Video van vier pandas op ʼn glyplank by die Chengdu Pandasentrum in China, is reeds deur bykans vier miljoen gebruikers gekyk.