Bloot ’n roetine-ondersoek, dink Kwaaikofski wanneer Olga hom vra om ’n nuwe saak te ondersoek. Elke oggend verdwyn daar koerante voor haar kiosk. Dit lyk eers nie na ’n uitdaging om die dief vas te trek nie, maar voordat Kwaaikofski weet wat hom tref, beland hy in ’n baie gevaarlike situasie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "speurder kwaaikofski"
Boek: Speurder Kwaaikofski: Honde, hoede en hande
Speurder Kwaaikofski is terug in die sesde uitgawe: Honde, hoede en hande. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders (van alle ouderdomme!) dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!