Op die vooraand van sy derde Wêreldbeker-toernooi erken Duane Vermeulen dat hy al aan uittrede gedink het.
Alles vir die sleutelwoord "Springbokke"
Canan se Wêreldbeker-droom kry vlerke
“In 2019 was ek nog op skool toe die ouens die Webb Ellis-trofee omhoog gehou het. Nou kry ek ʼn kans om die trui met die 2019-wennersembleem daarop te dra.”
Bokke, Skotte albei lus vir wen
“Ons gaan probeer om Suid-Afrika nie vir een oomblik met rus te laat nie. Ja, daar is nog beslis ruimte vir verbetering, maar ons glo dat dinge op 10 September vir ons in plek sal val.”
Bankkrag-klakouse skeel Rassie min
“Ons wil doen wat in die beste belang van die Springbokke is en wat vir ons werk; ons gee nie om wat die ander spanne daarvan dink nie.”
‘Ons het vier jaar hiervoor gewerk’ – Nienaber
Springbok-afrigter Jacques Nienaber glo dat sy span baie hard gewerk het; dit is tyd vir die Wêreldbekertoernooi om te begin.
Eddie gee pluimpie vir ‘innoverende’ Bokke
“Suid-Afrika verdien ʼn klop op die skouer vir hul dapper en onverskrokke benadering tot die spel,” het Eddie Jones gesê nadat die Springbokke sewe voorspelers op hul Twickenham-plaasvervangersbank gehad het.
Betroubare skopper ʼn ‘Wêreldbeker-móét’
Rugbykenners meen Manie Libbok kan sy man in Frankryk staan, maar sê sy vermoë om onder druk te presteer, sal deurslaggewend wees.
‘Hou op kla,’ twiet oud-Wallaby
Drew Mitchell het op sosiale media gesê hy verstaan nie die bohaai oor die Springbokke se plaasvervangersbank teen die All Blacks op Twickenham nie.
Walliesers sê Malherbe, Marx tel onder wêreldbestes
Wales Online het sy 30 beste internasionale rugbyspelers gekies en ses Springbokke het dié lys gehaal.
Oudafrigter brom oor Bokke se bankkrag
“Sewe voorspelers op die plaasvervangersbank; is jy ernstig? Wêreldrugby moet sy stem hieroor laat hoor.”
Bokke is gunsteling met luislang-wedstrydplan
As al hierdie dinge reg val, is dit nie vergesog dat Siya Kolisi weer op 28 Oktober in Parys daardie trofee omhoog sal hou nie. Lees hier hoe vanjaar se Wêreldbekerstryd waarskynlik sal verloop.
Rateltaai Duane meen Bok-tenk is nog vol
“Ons moet goed voorberei vir ons openingswedstryd in Frankryk; al ons aandag is nou op daardie kragmeting teen Skotland.”
Dit was baie lekker, maar nou terug na die witbord
“Dit is nou skouer aan die wiel vóór die Wêreldbeker-toernooi. Ons het ʼn hele paar geleenthede om drieë te druk deur ons vingers laat glip en ons sal in die komende dae daarop konsentreer; hopelik kan ons vóór die openingswedstryd verbeter.”
Vurige Bokke beïndruk Foster
Die All Blacks-afrigter het erken dat die Springbokke se uitstekende voorspelers die verskil tussen die twee spanne op Twickenham was.
Die ramkatte van Twickenham!
Dit was ʼn opwarmingswedstryd – die Wêreldbeker-veldtog kom nog – maar die All Blacks is lanklaas só stil gespeel. Soos wat Leon Schuster tereg sê: Hie kommie Bokke!
‘Spesiale stryd’ wag op Twickenham – Kolisi
“Dit is nie ʼn vriendskaplike wedstryd nie; ek glo nie daar bestaan só iets wanneer jy teen die All Blacks speel nie.”
Eben reg om Kiwi’s te tem
“Dit is nie ʼn opwarmingswedstryd vir ons nie; ons benader dit as ʼn toets.”
‘Ons sal niks terughou’ – Esterhuizen
André Esterhuizen, ’n speler wat vroeër deur Ugo Monye as ’n topsenter beskryf is, is oorgehaal vir Vrydag se Wêreldbeker-opwarmingswedstryd teen die All Blacks.
Ware toets wag nou teen Kiwi’s
André Esterhuizen en Canan Moodie is die Springbokke se senterkombinasie vir die Wêreldbeker-opwarmingswedstryd teen die All Blacks op Twickenham.
Nienaber meen Bokke was goed, maar kan beter
“Ons sal beter in Frankryk moet wees. Ons groepindeling beteken dat die eerste wedstryd al as’t ware ʼn uitklopkragmeting is. Ons sal op alle suiers moet vuur net om uit die groepfase te kom.”