Kan jy raai wie dit is?
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Springbokspan"
Moet maar nie te veel verrassings verwag nie
Rassie Erasmus sal ná Saterdag se halfeindstryde in die Curriebeker-reeks sy span moet agtermekaar hê vir die jaareindtoer na Brittanje en Frankryk, met die wedstryd teen Engeland wat oor presies twee weke afskop.
Rassie verras toe (wel) met Bongi en Elton
Dit was toe nie net spoke wat opgejaag is nie. Die Springbokke pak die Wallabies Saterdag in Brisbane sonde hul enigste baljagter, Malcolm Marx, en Elton Jantjies het die jawoord bo Handré Pollard op losskakel gekry.
Springbokspan: Beast bereik sy honderdtal
ʼn Mens hoop werklik nie dat die gepaste lofbetuiginge aan Beast Mtawarira, wat Saterdag in sy 100ste toets vir die Springbokke sal uitdraf, die aandag van sy spanmaats sal aftrek nie.
Springbokspan: Rassie kies drie nuwes teen Engeland
Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het drie toetsnuwelinge in sy span vir Saterdag se eerste toets op Ellispark teen Engeland ingesluit.
Rassie kies ʼn Bokspan vol groentjies teen Wallis
Die Springbokke kan maar dankbaar wees dat hulle Saterdag in Washington teen ʼn uitgedunde Walliese span en nie teen een van die groot kragte van wêreldrugby speel nie.
Springbokspan ʼn ‘netjiese balanseertoertjie’
Kritiek sal daar altyd by die kies van ʼn Springbokspan wees, maar die groep van 43 spelers wat Rassie Erasmus Saterdagaand bekend gemaak het, is ʼn netjiese balanseertoertjie.
Eina! Daar slaan Allister die transformasiebal aan
Toe die Springbokafrigter, Allister Coetzee, verlede jaar die leisels geneem het, is hy geloof toe hy die span met gekleurde spelers gelaai het.
Springbokspan: het Allister se oë oplaas oopgegaan?
Nou sal die groot vraag beantwoord kan word of Elton Jantjies en Damian de Allende die remskoene in die Springbokagterlyn is.
Drie Bok-veranderinge om die Iere tuis te probeer tem
Allister Coetzee het drie veranderinge aan die Springbokspan vir Saterdag se toets teen Ierland Dublin aangebring. Oor een kan ʼn mens nie kla nie, oor die ander wonder jy en oor die derde kan daar net kop geskud word.
Bokspan: vier nuwes, geen Serfontein nie en ʼn paar vreemde keuses
Allister Coetzee-hulle het Sondag vier nuwelinge gekies in die Springbokgroep van 34 spelers wat vanaf 11 November op die jaareindtoer in vier toetse teen Ierland, Frankryk, Italië en Wallis sal speel, maar Jan Serfontein se naam is nie daar nie.
Bok-toerkeurders vat toe wel raak
In die ou dae is die plaasvervangersbank uitsluitlik gebruik om beseerde spelers te vervang; deesdae is die bank amper belangriker as die 15 spelers in die opdrafspan.
Allister behou kontinuïteit na Baai-sege; Hougaard enigste verandering
Seker een van die vernaamste lesse wat Allister Coetzee vanjaar van Brenden Venter en Franco Smith geleer het, is kontinuïteit.
Mapoe enigste verandering aan 23-tal vir tweede toets
Moenie krap waar dit nie jeuk nie, was klaarblyklik Allister Coetzee-hulle se leuse met die kies van die Springbokspan vir die tweede toets teen Frankryk wat Saterdag op Kingspark in Durban gespeel word.
Rugby sal nooit weer dieselfde wees nie
Ek was gaande toe ek die eerste keer grondbootjiebotter en stroop op my toebroodjies gekry het. Maar ná ʼn paar maande het dit afgesaag geraak, netsoos Marmite, toebroodjiesmeer en die vorige aand se groenboontjies.
Is oorsese Bokke die antwoord?
Dit help nie meer om verskonings te maak of verduidelikings te gee nie, daar moet die een of ander tyd oop kaarte gespeel word wanneer dit by die kies van die Springbokspan kom.
Bokpaadjie vol dorings
Hoe weeg jy Francois Louw teen Jaco Kriel op? Hoe kies jy Duane Vermeulen bo Warren Whiteley? Op grond waarvan verdien Steven Kitshoff `n plek in die Springbokspan? Wat nou gedoen met die aansprake van Bryan Habana, Johan Goosen en Francois Hougaard?