“Hierdie afleggings gaan ʼn reuse-invloed op die gemeenskappe hê.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "staalbedryf"
ArcelorMittal – Impak op Weskus astronomies
Die sluiting van ArcelorMittal se tak in Saldanha is veel groter as wat aanvanklik berig is, sê ekonome.
ArcelorMittal gaan sy Saldanha-aanleg sluit
ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) het vandag bekendgemaak dat 900 mense teen die eerste kwartaal van 2020 afgelê sal word wanneer Amsa sy staalaanleg in Saldanha in die Wes-Kaap sluit.
‘ArcelorMittal en staalbedryf se probleme hul eie skuld’
“As Amsa ernstig is om die Suid-Afrikaanse staalbedryf te red, moet die vervaardiger moeilike operasionele besluite neem terwyl so ʼn reddingspoging indrukwekkende beleidsbesluite van die regering sal vereis.”
VSA se staal- en aluminiumtariewe begin SA vervaardigers byt
“Die situasie waarin hierdie vervaardigers hulself bevind, is baie ernstig van aard omrede die uitvoere na die VSA vinnig besig is om op te droog.”
SA se staaluitvoere nie bedreiging vir VSA-sekuriteit nie, sê Davies
Suid-Afrika se staal- en aluminiumuitvoere na die Verenigde State van Amerika hou nie enige bedreiging in vir Amerika se nasionale sekuriteit nie, sê Rob Davies, minister van handel en nywerheid.
Beleggers bang vir praatjies wat goud en grond bedreig
Buitelandse beleggers hou onderhandelinge en prosesse oor die Mynbouhandves en grondonteiening fyn dop. Dit is bevestig toe Solidariteit verlede week met ʼn senior afvaardiging van die Amerikaanse ambassade vergader het oor hul regering se besluit om hoë invoertariewe op SA staaluitvoere na Amerika te hef – ʼn besluit wat ons plaaslike staalbedryf ernstig benadeel.
Fedusa wil Donald Trump pak oor staalbedryf
Dit kan dalk as ’n Dawid-teen-Goliat-stryd beskou word, maar Suid-Afrika se tweede grootste vakbondfederasie, Fedusa, rol sy moue op om Amerika se president, Donald Trump, te pak oor sy tariefbeleid jeens Suid-Afrika se staal en aluminiumbedrywe.
Trump en die komende handelsoorloë
Wat ook al gebeur met die komende handelsoorlog is onseker. Dalk sal Trump nuwe werk skep in die VSA, maar in die proses ander bedrywe soos die landbou skade aanrig. Sommige ekonome verwag ’n kleiner impak aangesien die meeste lande nie hul handel met die VSA wil skaad deur ’n handelsoorlog te begin nie.
Mynbou en staalbedryf: Myne en hulle s’n
Mense het geld nodig, en om geld te verdien moet daar werk wees, en om werk te skep is volhoubare ekonomiese groei nodig.
Solidariteit wil afleggings by ArcelorMittal keer
Die vakbond Solidariteit het Woensdag bevestig dat hy ʼn artikel 189A-afleggingskennisgewing van Afrika se grootste staalverskaffer, ArcelorMittal Suid-Afrika (AMSA) ontvang het.
Hoop vir SA se ‘sukkelende’ staalbedryf
Nog ʼn Suid-Afrikaanse bedryf wat werk aan derduisende mense verskaf, word bedreig deur die storting van gesubsidieerde produkte van die buiteland in die plaaslike mark.