Die Tshwane-metro bevestig meer as 20 000 het Donderdag getou om vir oulaas vir Mandela te groet.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "staatsie"
Meer as 20 000 staan tou om Madiba te groet
Meer as 20 000 mense het teen Donderdagmiddag tou gestaan om wyle oud-pres. Nelson Mandela by die Uniegebou in Pretoria, waar hy in staatsie lê, te besigtig.
Foto’s: Duisende daag op om Madiba in staatsie te sien lê
Duisende mense van verskillende kulture het Woensdag tou gestaan buite die Uniegebou in Pretoria in ʼn poging om vir oulaas wyle oud-pres. Nelson Mandela te sien terwyl hy daar in staatsie lê.
Mandela: Parkeer-en-ry-gebied weer oop ná “uitdagings”
Die Tshwane-metro het laat Woensdagaand besluit om die parkeer-en-ry-gebied by Fonteinedal in Pretoria te sluit vir mense wat busse vandaar wil haal om wyle oud-pres. Nelson Mandela se oorskot by die Uniegebou te sien waar hy sedert Woensdag in staatsie lê.
Foto’s: Madiba lê in staatsie
Die oorskot van oud-pres. Nelson Mandela het Woensdagoggend om 08:00 by die Uniegebou in Pretoria aangekom waar hy vir drie dae lank in staatsie gaan lê.
Madiba-konvooi: Motoriste gefrustreerd met padsluitings
Talle motoriste, wat daagliks deur Pretoria se middestad pendel, was gefrustreerd en laat vir werk terwyl honderde roubeklaers, op die sesde dag van nasionale rou, emosioneel langs die strate gestaan het om hul laaste eer aan Mandela te betoon.
Foto’s: Mandela se konvooi na die Uniegebou
Die oorskot van oud-pres. Nelson Mandela het Woensdagoggend om 08:00 by die Uniegebou in Pretoria aangekom waar hy vir drie dae in staatsie gaan lê.