Staatskaping en korrupsie oorheers lank reeds ons nuusgebeure. Maar dit het begin nog voordat Jacob Zuma in die saal beland het.
Alles vir die sleutelwoord "staatskaping"
‘Net nuwe regering kan SA verbeter’
Staatskaping kan nie slegs aan die Zuma-presidentskap toegeskryf word nie; dis eie aan hoe die hele ANC funksioneer.
Gordhan kap oudministers oor staatskaping
Gordhan het verwys na ʼn diepgaande korrupsiekultuur en het gesê die land sal ʼn rat voor die oë gedraai wees om te dink dat die vervanging van rade en bestuurders daarin geslaag het om dit uit te roei.
Gigaba het weg gebaan vir mededinger op Mumbai-roete
Die kommissie van ondersoek na staatskaping het Donderdag gehoor hoe voormalige minister Malusi Gigaba vasberade was dat die SAL sy winsgewende Mumbai-roete moet laat vaar om die weg vir Indië se Jet Airways te baan om dié roete oor te neem.
Staatskaping: ‘Zuma-era was waansin’
“Jy kon praat tot jy blou word in die gesig en hulle [die Zuma-faksie] sal net so vir jou kyk. In ʼn stadium raak jy moeg gepraat en bly jy maar net stil.”
Oudminister pak uit oor Zuma, Guptas se invloed
Die oudminister beweer die Gupta-familie was só invloedryk, dat daar selfs ʼn sekretaresse by hul Saxonwold-herehuis in Johannesburg was wat Zuma se dagboek bestuur het om seker te maak hy maak net soos hulle sê.
Manyi kap na ‘hoofstroommedia’ voor Zondo-kommissie
Manyi het gesê daar is niks nuuts daaraan dat mense “nuwe dinge” omarm nie soos The New Age-koerant wat volgens hom “anders” was en nie “deurspek met onakkuraathede” nie.
DA eis terugvoer van SAPD oor klagte
“Suid-Afrikaners verdien om op die hoogte te bly [ten opsigte van die ondersoeke] en ook die deursigtigheid rakende die ondersoeke en die verwikkelinge.”
Mantashe, Ramaphosa gaan by Zondo-kommissie getuig
“Ons dink dit is ’n element wat ons ‘Trumpisme’ noem wat floreer op vrees, haat, beledigings en rassepolarisasie. Alle Suid-Afrikaners, swart en wit, moet verenig om ‘Trumpisme’ te verslaan.”
Gordhan: ‘Zuma hét gelieg’
Gordhan het ook gereageer op beskuldigings dat sy dogter miljoene rande van die staat ontvang het.
Gordhan: ‘Ek het nie met die Guptas vergader’
Die minister het gesê hy wil duidelikheid hieroor verskaf nadat sy getuienis verlede week aan die media uitgelek is voor hy by die ondersoek kon getuig.
Staatskaping was al in 2014 duidelik – Gordhan
Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Maandag aan die kommissie van ondersoek na staatskaping gesê daar was al in 2014 tekens van staatskaping tydens voormalige president Jacob Zuma se administrasie.
Gordhan getuig terwyl EFF betoog
Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het gesê diegene wat by staatskaping betrek word, veg terug om te verseker dat “die soeklig nie op hulle val nie”.
Gordhan getuig oor staatskaping
“Ons het hom ʼn stel vrae gevra – hoe het hy minister van finansies geword? En of hy bewus was van ʼn vergadering waarin sekere mense gevra het dat Zuma hom minister van finansies moet maak.”
Staatskaping: Stats SA ontken Manyi se bewerings
Statistieke SA het Vrydag voormalige media-eienaar Mzwanele “Jimmy” Manyi se getuienis voor die kommissie van ondersoek na staatskaping dat die instansie R64 miljoen betaal het vir ʼn kontrakteur wat versuim het om werk vir die 2011-sensusveldtog te lewer as bogstories afgemaak.
Staatskaping: Manyi gooi Williams onder die bus
“Elke reël wat verbreek kon word, is daar verbreek. Dit was ʼn reusekrisis.”
Hogan getuig oor Guptas en reis na Indië
Barbara Hogan, voormalige minister van openbare ondernemings, het Woensdag voor die kommissie van ondersoek getuig oor die twee keer dat sy en haar wyle man, Ahmed Kathrada, met die berugte Gupta-familie te doen gekry het.
Hogan getuig oor Zuma se ‘politieke inmenging’
Barbara Hogan, voormalige minister van openbare ondernemings, het Maandag voor die kommissie van ondersoek na staatskaping vertel hoe sy kort ná haar aanstelling in die pos na Luthuli‑huis ontbied is om te kom verduidelik oor ʼn uitlating wat sy teenoor ʼn verslaggewer gemaak het.
Media geroskam ná Gordhan-verklaring uitlek
Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, se 68 bladsy lange verklaring aan die kommissie van ondersoek na staatskaping is Donderdag aan die media gelek en talle mediahuise het daaroor berig.
Staatskaping van A tot Z
Hier is ʼn eerste A tot Z-blik op staatskaping: