ʼn Regsverteenwoordiger van die kommissie meen ook die koste daaraan verbonde om ondersoekers na Dubai te stuur om die Guptas se ondervra, ook nie deur Ajay in ag geneem is nie.
Alles vir die sleutelwoord "staatskaping"
Zondo-kommissie: Guptas wil via videoskakel getuig
Die geskorste hoof van die Valke se korrupsietaakspan het intussen besluit om haar aansoek terug te trek om getuies te ondervra.
Zuma het Muthambi beskerm, hoor staatskapingkommissie
Phumla Williams meen oudpres. Jacob Zuma het voormalige kommunikasieminister Faith Muthambi beskerm terwyl sy “chaos gesaai” het by die GCIS.
Duduzane, Guptas wil staatskaping-getuies ondervra
Die getuies wat hulle wil ondervra sluit in Vytjie Mentor, voormalige ANC-LP, Themba Maseko, voormalige woordvoerder vir die kabinet, en Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies.
Ondersoeke na staatskaping-aantygings bespoedig
Die parlement se portefeuljekomitee oor polisie het lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, se aankondiging dat ʼn span aangestel is om die ondersoek oor aantygings rakende staatskaping te bespoedig, verwelkom.
Staatskaping: Regeringswoordvoerder glo binne ʼn dag vervang
Maseko het vroeër getuig hy het geweier om Ajay Gupta se opdrag uit te voer om die GCIS se R600 miljoen-advertensiebegroting by die familie se koerant te spandeer. Hy is kort daarna sy pos kwyt.
GCIS-hoof sal voor Staatskapingkommissie getuig
Die waarnemende uitvoerende hoof van die regering se kommunikasiediens GCIS, Phumla Williams, sal Vrydag voor die kommissie van ondersoek na staatskaping, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, getuig.
Staatskaping: Zuma ‘minstens weekliks by Guptas vir aandete’
“Hy wou vir my wys hoe groot is sy invloed in die hoogste kantoor in die land.”
Gordhan vra dat Suid-Afrikaners vas staan teen korrupsie
Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het gesê Suid-Afrikaners moet nou oor grense heen vas staan teen staatkaping, want die staatskapers het met ʼn terugvegpoging begin.
‘Mense bang om hul werk te verloor,’ sê oud-beeldpoetser
Staatsamptenare en beamptes wat onder druk geplaas is om te voldoen aan die behoeftes van die omstrede Gupta-familie sukkel om te getuig, omdat hulle bang is vir vergelding of om hul werk te verloor, het die kommissie van ondersoek na staatskaping gehoor.
Vytjie Mentor: ‘Ek vrees vir my veiligheid’
Mentor was in trane terwyl sy aan die kommissie vertel het hoe daar met die deur van haar hotelkamer gepeuter was.
‘Zuma-bondgenoot’ onttrek aan staatskapingondersoek
Mbuyiselo Stemela, woordvoerder vir die staatskapingkommissie, het Dinsdag gesê Ngidi het aangevoer sy onttrekking aan die staatskapingondersoek is weens tydbeperkings.
Gupta het Denel-geheime verklap, sê Vytjie Mentor
Ajay Gupta het geheime inligting van die staatsbeheerde wapenvervaardiger Denel verklap tydens ʼn vergadering by die familie se huis in Saxonwold, Johannesburg, het voormalige LP Vytjie Mentor Dinsdag aan die kommissie van ondersoek na staatskaping gesê.
Mentor sê Gigaba was verantwoordelik vir Guptas se Indië-vlugroeteplan
“Hy het gesê hy sal ʼn goeie woordjie vir my doen by die president. Ek het geskok gereageer en hy het gesê ‘ons doen dit gewoonlik’.”
Só lyk dit in Guptas se herehuis, vertel Mentor
“Ek het spesifiek na hierdie pragtige badkamer gekyk en gewonder of dit regte goud is. Die spieëls was ook so uitsonderlik.”
Staatskapingondersoek: ‘Guptas het besoek aan China gelei’
Sy sê sy is ná die vergadering na haar hotelkamer waar sy ʼn oproep op die kamer se telefoon van een van die Gupta-broers ontvang het. “Ek het hom gevra hoe hy weet in watter hotel ek bly en of hy ʼn Suid-Afrikaner is.”
Staatskaping: Valke bekommerd oor verdoemende bewerings
Godfrey Lebeya, die nasionale hoof van die Valke, het sy kommer uitgespreek oor bewerings wat Mcebisi Jonas Vrydag tydens die kommissie van ondersoek na staatskaping oor dié gespesialiseerde eenheid van die polisie gemaak het.
Vytjie Mentor vandag voor staatskapingkommissie
Mentor beweer sy is weer geïntimideer in aanloop tot haar verskyning vanoggend voor die komitee.
‘Ajay Gupta het my met die dood gedreig’
ʼn Senior beampte van die Valke het Mcebisi Jonas se saak teen die Gupta-familie probeer doodsmoor, het die kommissie van ondersoek na staatskaping Vrydag gehoor.
‘Uitsondering’ word nou soos ʼn ‘blanko tjek’ gebruik
Staatsamptenare misbruik die uitsondering vir tenders wat slegs tydens noodsituasies gebruik moet word, het die kommissie van ondersoek oor staatskaping Dinsdag gehoor.