Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het Woensdag ontken dat hy enige besluit geneem het ten gunste van die invloedryke Gupta-broers wat te midde van bewerings oor staatskaping staan, terwyl hy erken dat hy met lede van die familie en hul vennote vergader het.
Alles vir die sleutelwoord "staatskaping"
Ondersoek na ‘staatskaping’ begin
Veiligheidsmaatreëls is in plek gesit om die veiligheid van getuies tydens die ondersoek te verseker.
Zuma en ANC vrywillig gekaap, sê DA-leier
Pres. Jacob Zuma en sy ANC is “vrywillig gekaap” deur die omstrede Gupta-familie en hul sakebelange, het Mmusi Maimane, leier van die DA, Donderdag gesê.
Red jouself
Die gort was gaar nadat mnr. Johann Rupert onlangs by ʼn jaarvergadering van Richemont gesê het die regering se beleid van “radikale ekonomiese transformasie” is bloot ʼn kodewoord vir diefstal.
Staatskaping-saak: Hof lewer uitspraak
Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag uitspraak gelewer in die DA se hofaansoek om pres. Jacob Zuma te dwing om ʼn geregtelike kommissie van ondersoek na bewerings van staatskaping op die been te bring.
Staatskaping: Uitspraak voorbehou oor Zuma se hofaansoek
Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag uitspraak voorbehou oor pres. Jacob Zuma se teenaansoek teen die DA se hofaansoek om hom te dwing om ʼn geregtelike kommissie van ondersoek na bewerings van staatskaping op die been te bring.
Staatskaping-hofaansoek: Hof hoor Zuma ‘help homself’
“Hierdie is nie ʼn geval waar die president ʼn kommissie van ondersoek wil aanstel om ʼn treinongeluk te ondersoek waarby die president nie betrokke is nie. Hier word die president self betrek.”
Staatskapingverslag: Zuma se hofaansoek aangehoor
Pres. Jacob Zuma voer aan hy is nie verplig om aan die aanbevelings in die staatskapingverslag gehoor te gee as hy twyfel oor die korrektheid daarvan nie.
Nuuskommentaar: Woede vir Guptas oor “staatskaping op steroïde”
Suid-Afrikaners van Indiese oorsprong het diep spore in die vorming van die ANC getrap, en heelwat het ook lang tye op Robbeneiland deurgebring. Dit het egter skynbaar nie aan die Guptas die “vrypas” gegee wat hulle moontlik verwag, en waarskynlik aanvanklik beleef het nie. Dit lyk ook al meer of daar ’n soort skaamkwaad-gevoel posvat oor tot watter mate die Guptas daarin kon slaag om die ekonomie onder die oë van intellektuele mense vas te lê.
Eerste struikelblok in ondersoek na staatskaping
Narend Singh van die IVP het gevra of die komitee alreeds inmenging deur die magte in beheer sien nog voordat hulle met hul werk kon begin.
NVG na persombudsman oor staatskaping-berigte
“Die berig is sensasioneel en poog om die NVG en sy leierskap te diskrediteer en skade te berokken.”
Staatskaping en monopolieë: Christene hanteer dit anders
Staatskaping is ʼn werklikheid maar Christene leef anders. Hulle besit die karakter en ingesteldheid van Jesus en leef die beginsels van sy koninkryk op aarde uit. Ons het vandag weer ʼn geleentheid om dit te doen.
Nuuskommentaar: Uit ons demokrasie verneuk
Wat die ANC skynbaar as demokrasie verstaan, kom eerder neer op die tirannie van die meerderheid.
Nuuskommentaar: Ontstaatskaping – Met stadige gif of vinnige genadedood?
Die byna daaglikse onthullings in die #GuptaLeaks laat die vraag ontstaan oor presies wanneer die onthullings oor staatskaping so oorweldigend sal word dat iets gaan gebeur?
Nuuskommentaar: Het ons reeds onomkeerbare staatsgreep beleef?
Talle organisasies trek vandag saam om konferensie te hou, in wese met die hoofdoel om pres. Jacob Zuma uit die stoel gelig te kry. Kan dit die oomblik wees waar die moedeloosheid gestuit word omdat wetstoepassingsagentskappe skynbaar niks doen aan klagtes teen Zuma-beskermlinge nie?
Mynbouhandves is staatskaping tot nadeel van armes
“Verkies julle die huidige situasie waar 480 000 permanente mynwerkers in die sektor werksaam is en wat 50% getransformeer is, of verkies julle die 2030-scenario waarin 180 000 werknemers in die mynbousektor gaan oor wees, maar wat darem naby aan 100% getransformeer gaan wees?”
Zuma: ‘Rome is nie besig om te brand’
Pres. Jacob Zuma het Donderdag ʼn uitspraak deur ʼn opposisieparty-LP verwerp dat Rome besig is om te brand terwyl hy sloer – ʼn verwysing na die tyd wat dit hom neem om ʼn ondersoek na bewerings van staatskaping van stapel te stuur.
Staatskaping: OB staan Zuma se hofaansoek teen
Die openbare beskermer (OB) sal pres. Jacob Zuma se hofaansoek om die sogenaamde staatskapingverslag en die aanbevelings daarin te laat hersien, teenstaan.
OB gaan staatskaping ondersoek
Mosana het gesê Mkhwebane het ook kennis geneem van die sogenaamde Gupta-e-pos-sage.
‘Staatskaping moet ondersoek word’
“Staatskaping, in watter vorm ook al, is afskuwelik en iets wat ons as Suid-Afrikaners nie kan of moet duld nie.”