Die dagvaarding is vandeesweek op Zuma bedien by sy huis in Nkandla, KwaZulu-Natal.
Alles vir die sleutelwoord "staatskaping"
Zondo-kommissie: Zuma moet sê of hy gaan verskyn, of…
Zuma is veronderstel om Maandag voor die kommissie te verskyn, maar tot dusver het sy regspan bloot net aangedui dat hy nie “nié gaan verskyn” nie.
Ace bly aan in pos
Magashule het gevra dat geen optogte op dié dag by die hof gehou word nie, asook dat geen T-hemde met sy naam daarop gedruk word nie.
Borgtog vir Agrizzi
Daar is streng voorwaardes aan Agrizzi se borgtog gekoppel.
Zondo breek stilte oor ‘familiebande’ met Zuma
Zuma se regspan het vroeër gevra dat Zondo hom aan die kommissie onttrek, onder meer weens sogenaamde geskiedkundige familiebande.
Terugslag vir NVG in Regiments-ondersoek
Regiments het glo sowat R1 miljard danksy onregmatige kontrakte van Transnet bekom.
Agrizzi-borgtogaansoek nou na hooggeregshof
Agrizzi staan saam met die oud-ANC-LP Vincent Smith tereg op aanklagte van korrupsie en bedrog. Hy het Smith glo omgekoop om te help verseker Bosasa kry winsgewende staatstenders.
Agrizzi in hof oor beweerde omkopery van oud-LP Vincent Smith
Agrizzi het glo gesorg dat Smith betaal word om te verseker Bosasa baat by uiters winsgewende tenders.
Mkhize ontken ‘persoonlike’ skenkings van omstrede sakeman Sodi
Sodi het meer as R8 miljoen aan die ANC geskenk.
Borgtog vir ANC-LP wat glo omkoopgeld vat
Bosasa het glo betaal vir veiligheidsopknappings by Smith se huis.
Zuma-stigting ontstig oor Zondo se uitsprake
Die Zuma-stigting het Woensdag in ʼn verklaring gesê hy neem met afkeur kennis van die uitsprake deur die voorsitter van die Staatskapingskommissie wat ten doel het om pres. Zuma en sy prokureurs te verneder.
Eerste ANC-LP val in stryd teen staatskaping
Sommige ANC-lede het beweer Bongo is met verlof, maar die woordvoerder van die ANC se parlementêre koukus het gesê geen sodanige verlof is goedgekeur nie.
Eskom se voormalige finansiële hoof van akkreditasie gestroop
“Mnr. Singh was, om dit sagkens te stel, die hekwagter van Eskom se geldkoffers en sy optrede was onder die omstandighede meer as blote agtelosigheid.”
NVG versoek om op te tree teen Gigaba, Molefe
“Hierdie mense moet vervolg word, en as hulle skuldig bevind word, moet hulle swaar gevonnis word.”
Skrap Zondo-kommissie, sê F4SD Youth
“Die kommissie het nog nie enige resultate opgelewer nie, buiten sensasionele stories van hoe korrup ministers en voormalige presidente was.”
Regter Zondo vra meer getuies oor staatskaping
Adjunk-regterpresident Raymond Zondo het Maandagmiddag ‘n oproep uit die hart gedoen op Suid-Afrikaners wat die land lief het en oor getuienis rakende staatskaping beskik, om na vore te kom en voor sy kommissie te getuig.
‘Goue handdruk’ vir Transnet-hoës
Miljoene rande is reeds uitbetaal aan senior amptenare wat van betrokkenheid by staatskaping verdink word.
Zuma wou hê Montana moes by Prasa aanbly
Molefe het gesê hy was geskok oor die vlak van poging tot inmenging deur uitvoerende lede.
Ramaphosa vs. Mkhwebane: OB kry opstopper
Die hof het bevind die OB se bevindings was nie net irrasioneel nie, maar ook roekeloos.
Eskom sleep Trillian wéér hof toe oor R600 miljoen
Die geld is onreëlmatig betaal aan dié maatskappy met sy noue Gupta-bande.