“Die werklike aksie sal eers ná die verkiesing kom en dan gaan ons radikale veranderinge sien maar die stembriewe moet eers getel word.”
Alles vir die sleutelwoord "staatsrede 2019"
Staatsrede: Alle oë op Ramaphosa
Beleggers en internasionale belanghebbendes sal na verwagting die staatsrede met ʼn valkoog dophou om te hoor wat Ramaphosa se regering se planne is om die aspekte te takel wat die land se ekonomie kniehalter en beleggervertroue laat wankel.
Nuuskommentaar: Staatsrede – eenheid of verdeel en heers?
’n Aankondiging dat Suid-Afrika ’n reuse-olievonds ontdek het, word “binne dae” verwag, maar die omvang daarvan is reeds breedvoerig in die media bespreek. Môre se staatsrede kan drasties deur so ’n aankondiging geraak word. Daarsonder is daar soveel dempende kwessies dat Ramaphosa sal moet uithaal en wys om dit nie deur pessimisme te laat verswelg nie.
Parlement maak gereed vir enige staatsrede-ontwrigting
‘n Senior parlementêre sekerheidsamptenaar het Maandagaand tot byna middernag met die parlementêre uitsmyters (die sogenaamde withemde) agter geslote deure in ‘n komiteekamer van die parlement vergader, glo om vir die moontlike ontwrigting van pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede deur die EFF voor te berei.