SAL het Woensdag gesê vlugskedules gaan tans soos normaal voort nadat die lugredery ʼn kennisgewing van een van die vakbonde ontvang het van sy voorneme om te staak.
Alles vir die sleutelwoord "staking"
Cosatu-staking: Hierdie optogte vir vandag beplan
Verskeie protesoptogte sal vandag in die verskillende provinsies gehou word as deel van Cosatu se landwye staking teen staatskaping, werksverliese en korrupsie.
Numsa nié deel van Cosatu-staking
Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) het gesê hy steun nié die vakbondfederasie Cosatu se landswye staking wat vir die komende week beplan word nie.
Patoloë dreig om nasionaal te staak
Die staking volg nadat die nasionale gesondheidslaboratoriumdienste (NHLS) aangedui het hulle gaan nie die 7,3% salarisverhoging wat deur die patoloë en hul unies geëis word kan bybring nie.
Staking dreig by Tuks
“Indien hierdie kwessies nie binne die volgende paar dae opgelos word nie, sal werkers geen ander keuse hê as om op ʼn volskaalse staking te gaan nie.”
[Foto’s] Geweld by Amcu-staking in Mpumalanga
Geweld het Dinsdag tydens ʼn staking van Amcu-werkers by Wonderfontein-steenkoolmyn in Mpumalanga, wat nou al drie weke lank duur, uitgebreek.
Bloedige mynstakings geen nuwe verskynsel nie
Daar is niks nuuts in hierdie wêreld nie, sê Prediker. Die onluste wat tydens die sogenaamde Marikana-slagting van 2012 by Rustenburg uitgebreek het en waar staatsmagte geweld gebruik het om dit te onderdruk, is nie die eerste bloedige nywerheidsonrus in Suid-Afrika se geskiedenis nie.
MTN-staking verby
Mteto Nyathi, die nuwe uitvoerende hoof van MTN, het Donderdag gesê die staking by dié telekommunikasiereus is verby.
SAMWU betoog Woensdag in Kaapstad
Die stad Kaapstad het Dinsdag ʼn kennisgewing aan inwoners en sake-ondernemings in die middestad van Kaapstad uitgestuur dat lede van SAMWU Woensdag ʼn optog na die Burgersentrum sal hou om ʼn memorandum aan beamptes van die stad te oorhandig.
Vakbond probeer staking by Comair vermy
ʼn Stakingsertifikaat is aan die vakbond Solidariteit uitgereik nadat salarisonderhandelinge met Comair, waarby die lugrederye Kulula en British Airways geaffilieer is, finaal vasgeval het. Die vakbond wil ʼn staking probeer vermy.
Komitee versoek einde van poskantoorstaking
Die parlementêre portefeuljekomitee oor telekommunikasie en posdienste het Dinsdag gesê poskantoorwerkers moet dadelik terugkeer werk toe ná die vrywillige bedanking van die Raad van die SA Poskantoor.
Gewelddadige betoging deur MyCiTi-busbestuurders
Die stad Kaapstad het Donderdagmiddag gesê ʼn onwettige staking deur die MyCiTi-busbestuurders duur voort.
Munisipaliteite verkies e-pos
Al hoe meer munisipaliteite stuur elektroniese rekeninge na hul kliënte weens die voortslepende poskantoorstaking, het die SAUK Dinsdag berig.
Poskantoor-werkers in Krugersdorp aangeval; petrolbomme by PTA-poskantore
Drie personeellede van die Poskantoor is Dinsdag in Krugersdorp aangeval.
Werksaamhede hervat by poskantore
ʼn Toenemende aantal personeellede van die Poskantoor keer terug werk toe en posstukke is al oor die naweek by Witspos in Johannesburg en Tshwane Mail in Pretoria geprosesseer.
NUM staak by Mpuma-myn
Lede van die National Union of Mineworkers (NUM) by Glencore se Koornfontein-myn in Mpumalanga het begin staak.
Koste van platinum-staking “verbysterend”
Die minister van minerale hulpbronne het Woensdag gesê die koste van vanjaar se uitgerekte platinumstaking is verbysterend.
Poskantoor-staking: Onderhandelings duur voort
Posdienste in Suid-Afrika word steeds geraak deur ʼn voortslepende staking van tydelike werkers.
Poskantoor-staking: Werkers nie betaal; Poskantoor dalk bankrot
Duisende Poskantoorwerkers, ook dié wat nié staak nie, is nie betaal nie, en baie glo die diens val nou hééltemal uitmekaar. Die possentrums wat tans funksioneer word ook in die berig genoem.
Video: Miljoene agterstallige posstukke hoop op
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor sê miljoene agterstallige posstukke hoop op, met die staking in dié diens wat net nie wil end kry nie.