Inwoners kla die rioolwater lê al tot by hulle voordeure.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Standerton"
Boer 30 skape kwyt ná veediewe toeslaan
ʼn Buurman het die gru-ontdekking langs ʼn pad in die distrik gemaak en die boer in kennis gestel.
Twee vas oor R7 miljoen se renosterhoring
Twee persone sal na verwagting Dinsdag in die Standerton-streekhof verskyn in verband met die onwettige handeldryf en besit van 20 renosterhorings.
Wat ʼn lekker plek!
“Van daardie dag af het my Vrydagroetine weer verander…” skryf Oom Doors uit Standerton.
Gru-botsing eis 10
“Die voertuie het daarna aan die brand geslaan en die mense is onherkenbaar verbrand.”
Kom, praat jou taal in dié plattelandse koffiewinkel
ʼn Koffiewinkel op ʼn plattelandse dorp het nie klante soos in die stad nie; dit het besoekers. Mense kom kuier hier. Hulle kom sit heel oggend en koffie drink en knoop geselsies aan met ander besoekers, of kom sit voor die kaggel met ʼn boek en bestel teen teetyd ʼn stuk wortelkoek met tee…
Vyf in hof ná Standerton-rooftog
Vyf mans het Woensdag in die Standerton-landdroshof verskyn op aanklagte van gewapende roof en poging tot moord ná hulle na bewering verlede week twee sigaretafleweringsvoertuie in Standerton in Mpumalanga beroof het.
Skote klap in Standerton toe groep rowers toeslaan
ʼn Boer is in die gesig geskiet, ʼn veiligheidsbeampte is gewond, twee polisiebeamptes is in ʼn motorongeluk beseer en vyf verdagte is deur die polisie vasgetrek.
Man (84) sterf ná aanval terwyl hy bid
Die polisie in Standerton in Mpumalanga is op soek na twee verdagtes wat ʼn bejaarde man aangeval het terwyl hy bid.
Nóg ʼn aanval op Mpumalanga-plaas
Skaars vier dae ná die wrede moord op vier lede van die Smuts-gesin op hul plaas in die Balfour-omgewing, is nog ʼn vrou op ʼn Mpumalanga-plaas aangeval.
Foto’s en video’s: Nog ʼn ‘tornado’ rig groot skade aan
ʼn Hewige storm, wat met ʼn beweerde tornado gepaardgegaan het, het boere in die Standerton-omgewing in Mpumalanga groot skade berokken.
Standerton reken met Noord-Natalse kampioen af
Die Mpumalangase klub Standerton het Saterdag tydens `n rugbydag op Piet Retief met die Noord-Natalse kampioen, Boschpick Newcastle Highlanders, afgereken.
Foto’s: Goeie nuus: ‘Graffie’ kry haar dag
Elke hond kry sy ‘goeie’ dag. Dít is ook die geval vir Graffie, die rondloperbrak wie se werpsel kleintjies verlede week uit ʼn vervalle graf in Standerton in Mpumalanga gered is.
Goeie nuus: Graffie het ʼn huis gekry
Graffie, die rondloperbrak wie se werpsel kleintjies uit ʼn vervalle graf in Standerton gered is, het ʼn huis gekry nadat Maroela Media oor die reddingspoging berig het.
Goeie nuus: ‘Grafsteenbrakkies’ ná twee uur lange poging gered
ʼn Diereliefhebber van Standerton het Dinsdag self moue opgerol om ʼn rondloperbrak se kroos te red nadat sy haar werpsel in ʼn vervalle graf in die dorp se Boere-oorlog-begraafplaas gekry het.
Oorsaak van graad 1-seun se dood steeds ʼn raaisel
Die oorsaak van Divan Joubert se dood is steeds ʼn raaisel, maar die gesin weet genoeg om gerugte en spekulasie in die kiem te smoor. Divan, ’n graad 1-seun van Laerskool Standerton in Mpumalanga, is verlede Maandag by die skool dood.
Juffrou se hartroerende briefie oor graad 1-seun wat by skool sterf
Elsie Hamman, die graad 1-juffrou van Divan Joubert wat Maandagoggend by Laerskool Standerton in Mpumalanga oorlede is, het ʼn hartroerende boodskap aan hom opgedra.
Gedenkdiens ná graad 1-seun sterf by skool
ʼn Gedenkdiens word eersdaags vir Divan Joubert, die graad 1-leerder aan die Laerskool Standerton in Mpumlanaga wat Maandagoggend by die skool oorlede is, gehou. Rudi…
Graad 1-seun sterf by laerskool
Divan Joubert, ʼn graad 1-leerder aan Laerskool Standerton in Mpumalanga, is Maandagoggend by die skool oorlede.
Standerton-rowers bly in aanhouding
Vier verdagtes wat danksy ʼn dapper huisvrou van Standerton in Mpumalanga op heterdaad betrap is, bly in aanhouding, het @inkMedia, ʼn plaaslike mediahuis, berig.