Die 17-jarige seun wat daarvan verdink word dat hy drie lede van die Steenkamp-gesin op hul plaas naby Griekwastad vermoor het, het Maandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley begin getuig.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Steenkamp-moorde"
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Die staat het Donderdag sy saak afgesluit teen die 17-jarige seun wat verdink word van die moorde op die Steenkamp-gesin op hul plaas naby Griekwastad in die Noord-Kaap verlede jaar.
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Die verklaring van die tiener wat verdink word van die Griekwastad-plaasmoorde stem nie ooreen met bewyse wat op die toneel gevind is nie, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Woensdag aangehoor.
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Bloedspore van Marthella Steenkamp, die veertienjarige slagoffer wat in April verlede jaar wreed saam met haar ouers op hul plaas naby Griekwastad vermoor is, het vandag die gru-verhaal van haar laaste oomblikke vertel.
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Die verhoor van ʼn 17-jarige seun wat daarvan verdink word dat hy lede van die Steenkamp-gesin op hul plaas Naauwhoek naby Griekwastad vermoor het, duur vandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof voort.