Die staat het Maandag Grobler se borgtogaansoek teengestaan en gesê hy word van ʼn ernstige misdryf aangekla en dat hy ʼn vlugrisiko inhou aangesien hy sakeverbintenisse oor die wêreld heen het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Steinhoff"
Borgtog vir voormalige Steinhoff-hoë
Stéhan Grobler sou saam met Markus Jooste, voormalige hoof van Steinhoff, in die hof verskyn het.
FSCA kan reuseboete by Jooste-boedel eis
Die owerheid sê omdat die boete reeds ten tyde van sy dood aan hom opgelê is, verander Markus Jooste se dood nie die uitwerking daarvan nie.
NVG bevestig lasbrief vir Markus Jooste
Die NVG het bevestig daar is vroeër in die week lasbriewe uitgereik vir die inhegtenisneming van wyle Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van die ineengestorte Steinhoff-groep.
Markus Jooste neem eie lewe ná reuseboete
Jooste (63) het homself Donderdagmiddag by Kwaaiwater in Hermanus naby sy huis in Voëlklip geskiet.
Markus Jooste oorlede
Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, is oorlede.
Steinhoff: Markus Jooste met R475 miljoen beboet
Die FSCA het die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff International ʼn swaar boete opgelê vir die publisering van bedrieglike verklarings oor die nou ineengestorte maatskappy.
Duitse hof reik lasbrief vir Markus Jooste se inhegtenisneming uit
ʼn Duitse hof het ʼn lasbrief vir die inhegtenisneming van Markus Jooste, voormalige hoof van Steinhoff, uitgereik nadat hy versuim het om vir die begin van sy verhoor op te daag.
Beslag gelê op Markus Jooste se bates
Miljarde rand se bates, waaronder Jooste huis in Voëlklip en die Stellenbosse wynplaas Lanzerac, is op beslag gelê.
Hooggeregshof keur Steinhoff-skikking goed
Die hooggeregshof in Kaapstad het Maandag Steinhoff se internasionale skikking met sy skuldeisers goedgekeur.
Markus Jooste dalk in Duitsland verhoor oor Steinhoff
Aanklaers voer aan “fiktiewe transaksies” van meer as R25,4 miljard is gedoen om die maatskappy se boeke beter te laat lyk, terwyl eiendomsbates glo met R13,9 miljard opgeblaas is.
Saica stel klagte teen beleërde Markus Jooste in
Jooste het nou 21 dae om te reageer op die klagte wat Saica teen hom uiteengesit het.
Markus Jooste in Duitsland aangekla
Drie oudbestuurders word beskuldig van “fiktiewe transaksies” ten bedrae van meer as sowat R17 miljard.
Steinhoff: Markus Jooste met miljoene beboet oor waarsku-SMS
Die boete hou verband met ʼn SMS wat Jooste aan vier mense gestuur het waarin hy hulle waarsku om van hul Steinhoff-aandele ontslae te raak.
Steinhoff wil met eisers skik
“Nie alle eisers het al hul beweerde skade gekwantifiseer nie, maar die gesamentlike eise van diegene wat dit reeds gedoen het, is meer as R136 miljard.”
Voorsitter van Steinhoff-direksie bedank
Die maatskappy hou nou vol dat Heather Sonn geen aandeel in die Steinhoff-skandaal gehad het nie.
OBK dreig Steinhoff met klasaksie
Die OBK voer aan dat Steinhoff weier om ʼn ouditverslag deur PWC oor die maatskappy se finansiële agteruitgang bekend te maak.
Valke oor vordering met Steinhoff-ondersoek
Die Valke se legger oor Steinhoff bevat al 60 beëdigde verklarings, maar dit is die ouditkwessies wat vir hoofbrekens sorg.
Steinhoff-boete steeds hoogste nog ná afslag
Die boete wat aan Steinhoff opgelê is, is die hoogste boete nog wat die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor opgelê het.
Markus Jooste as lid van Saica geskors
Saica het ook Jooste se regspan daarop gewys dat hul kliënt nie die tugondersoek wat hulle teen hom gaan instel, kan vermy deur bloot sy bedanking in te dien nie.