Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. (Filippense 2:4)
Alles vir die sleutelwoord "Stephan Joubert"
Gedagte vir die dag: Ek het gehoor …
“Moenie bang wees nie,” sê hy weer vir my. “God is lief vir jou. Wees rustig. Wees sterk.” Terwyl hy met my gepraat het, het ek sterk geword. Ek het vir hom gesê: “Meneer kan maar nou met my praat. Ek is sterk genoeg.” (Daniël 10:19)
Gedagte vir die dag: Wees versigtig wat jy liefhet
Jesus het toe na die vrou gedraai en vir Simon gesê: “Kyk na hierdie vrou. Toe Ek jou huis ingekom het, het jy My nie water aangebied om die stof van my voete af te was nie, maar sy het hulle met haar trane gewas en met haar hare afgedroog.” (Lukas 7:44)
Gedagte vir die dag: Om God Vader te noem
God het hom geantwoord: “Ek is soos wat Ek is. Sê maar net vir hulle: ‘Ek Is’ het my na julle toe gestuur.” (Eksodus 3:14)
Gedagte vir die dag: Die verskil tussen doen en bedoel
Ek weet, my God, dat U ons harte ondersoek en opregtheid verlang. U weet dat ek dit alles met goeie motiewe geskenk het, en ek het ook gesien hoe u volk vrywillig en vreugdevol hulle geskenke gebring het. (1 Kronieke 29:17)
Gedagte vir die dag: God kyk my in, nie uit nie
Daarop het hy teruggegaan na sy pa toe. En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen. (Lukas 15:20)
Gedagte vir die dag: Is genade genoeg, of nie?
Die tollenaar het op ’n afstand bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het vol skuldbesef op sy bors geslaan en gesê: “O God, wees my, sondaar, genadig!” (Lukas 18:13)
Gedagte vir die dag: Systap dwase eerder
Iemand wat verstandig is, sien wanneer die onheil kom en kruip weg. Die onervare mens loop oopoë daarin vas en boet daarvoor. (Spreuke 22:3)
Gedagte vir die dag: God is genadig met my teenstrydighede
Pas op dat jy in jou oorvloed nie die Here jou God vergeet en ongehoorsaam raak aan sy gebooie, bepalings en voorskrifte nie. (Deuteronomium 8:11)
Gedagte vir die dag: Die evangelie met jou lewe geskryf
Ons het hierdie skat maar net in breekbare kleipotte – die allesoortreffende krag kom van God en nie van ons nie. (2 Korintiërs 4:7)
Gedagte vir die dag: Geloof gebeur ook sonder woorde
Is dit nie om jou kos te deel met dié wat honger is, om aan die arm swerwer blyplek te gee, om klere te gee vir mense wat dit nodig het, om nie weg te draai van jou familie wat jou hulp nodig het nie? (Jesaja 58:7)
Gedagte vir die dag: Geen groter liefde nie!
Ons het nie finale seggenskap oor onsself nie – of ons lewe of sterwe. (Romeine 14:7)
Gedagte vir die dag: Kan ons God se planne verstaan?
Dit is die wil van my Vader dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe besit; en Ek sal hom op die laaste dag opwek. (Johannes 6:40)
Gedagte vir die dag: Moenie jouself jammer kry nie
Die Here antwoord toe: “As jy terugkom na My toe, sal Ek jou herstel sodat jy My weer kan dien. As jy ophou om onverantwoordelike dinge te sê, sal jy namens My kan praat. Jy moet hulle beïnvloed, nie hulle vir jou nie.” (Jeremia 15:19)
Gedagte vir die dag: Goeie vrae lei tot ’n goeie lewe
“Wie is U, Here?” het hy toe gevra. “Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dis vir Mý wat jy vervolg!” (Handelinge 9:5)
Gedagte vir die dag: Groot, klein, sterk, swak
“Hy versorg sy kudde soos ’n herder. Die lammers maak Hy bymekaar in sy arms, en dra hulle naby sy hart. Skaapooie met lammers versorg Hy.” (Jesaja 40:11)
Gedagte vir die dag: Jesus is saam op pad na groen weivelde
“Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis.” (Matteus 28:20)
Gedagte vir die dag: Van self-diens na God-diens
Waarom wil julle my hart sag maak met julle huilery? Julle weet mos ek is bereid om ter wille van die Naam van die Here Jesus nie net in Jerusalem gevange geneem te word nie, maar selfs ook te sterf. (Handelinge 21:13)
Gedagte vir die dag: Moenie die wag voor jou mond afdank nie
Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is; en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig. (Spreuke 17:28)
Gedagte vir die dag: Jou lewe praat harder as jou woorde
Moenie wraak soek of ’n grief teen iemand koester nie. Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here. (Levitikus 19:18)