Die Walliese span het die afbreekpunte oorheers en Rhys Priestland het ʼn meesterlike vertoning in die no. 10-trui gelewer.
Alles vir die sleutelwoord "stormers"
Blair krap kop oor Murphy se reëltoepassing
“Ek is verbaas dat daar nie meer skrumstrafskoppe teen die Stormers toegeken is nie.”
Rassie kyk hoe Stormers wen
Rassie Erasmus se skorsing is iets van die verlede en hy het die Stormers se stewige vertoning vanuit sy pawiljoensitplek dopgehou.
Dweba maak sy Stormers-buiging
John Dobson is opgewonde oor die 26-jarige haker se vooruitsigte in die Kaap.
Die Kaap is weer Hollands!
Die Stormers is die VRK-kampioenspan nadat hulle die Bulls in ’n aksiebelaaide eindstryd in Kaapstad geklop het.
Fourie speel 100ste wedstryd teen Bulls
“Deon Fourie teen Marcell Coetzee – wat ’n stryd sal dit nie wees nie!”
Kaartjies vir epiese eindstryd feitlik uitverkoop
Slegs 27 500 kaartjies is weens Covid-19-regulasies vir dié epiese wedstryd beskikbaar gestel. Die provinsiale regering vra nou dat dié beleid dringend hersien word.
Dankie, Stormers!
Vanaand word daar fees in Kaapstad (en in Pretoria) gevier; die Verenigde Rugbykampioenskap-trofee gaan in Suid-Afrika staanplek kry.
Vat vyf, Stormers!
“Daar is nou een wedstryd tussen ons en die eindstryd; dit is ongelooflik.”
‘Wen’ die wagwoord vir Stormers teen Skotte
“Ons wil ons intensiteitsvlakke hoog hou en seker maak dat ons vir die volle 80 minute op ons beste teen Edinburgh is.”
Stormers soek stewige vertoning teen Leinster
Dit is seker ’n vreemde vergelyking, maar die Stormers sal die naweek ’n bietjie soos Van Hunks wil maak en die pyp teen Leinster rook .
VRK-reeks: Stormers stippel pad na uitspeelrondes uit
Die Stormers het tydelik tot die tweede posisie (52 punte) op die Verenigde Rugbykampioenskap se punteleer ingeskuif.
Skeidsregtersbeslissing onder die vergrootglas
“Na my mening moes dit ’n strafdrie en geel kaart gewees het,” sê oudskeidsregter.
19 – 17: Stormers wen in die Kaap
Sommige rugbyondersteuners sal seker vir nog ’n rukkie oor Kurt-Lee Arendse se aanslaan en Hacjivah Dayimani se geel kaart praat.
Stormers net te goed vir die Ospreys
Nog ’n onoorwonne naweek vir Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap.
Dit was ’n broekskeur-affêre, maar die Kaap bly Hollands
Daar was ’n paar benoude oomblikke, maar die Stormers het steeds genoeg gedoen om Ulster te klop.
Stormers baljaar onder Kaapse son
Die Kapenaars het ses drieë teen Cardiff gedruk om nóg ’n onoorwonne naweek vir Suid-Afrikaanse spanne op ’n hoë noot af te sluit.
Stormers eindig VRK-naweek op hoë noot
Die Suid-Afrikaanse spanne was onoorwonne in die afgelope naweek se Verenigde Rugbykampioenskap-aksie nadat die Stormers vir Zebre van hul voete gehardloop het.
VRK-reeks: Stormers loop deur teen Connacht
Nog ʼn swak skeidsregter, nog ʼn nederlaag vir ʼn Suid-Afrikaanse rugbyspan oorsee.
Stormers trap erg klei teen die Lions
Hoe, sal afrigter Jonathan Dobson by sy spelers se video-ontledingsessie wil weet, verloor jy ʼn wedstryd as die ander span vier geel kaarte kry, jy slegs 78 duikslae teenoor 157 uitvoer, 64% besit geniet en met gebiedsvoordeel van 68 teenoor 32% spog?