Toetse en klasse by die Universiteit Stellenbosch (US) is Vrydag ontwrig en moet herskeduleer word nadat betogende studente die kampus tot ʼn stilstand probeer dwing het.
Alles vir die sleutelwoord "studentebetogings"
Studente bly agter tralies ná betoging
Elf studente wat in hegtenis geneem is nadat grootskaalse skade by die Universiteit van KwaZulu-Natal se Pietermaritzburg-kampus aangerig tydens betogings, bly tyd en wyl agter tralies.
Zuma breek stilte oor studentebetogings
Pres. Jacob Zuma het Vrydag sy stilte gebreek oor studentebetogings wat sedert Maandagaand oor kampusse landwyd voorkom.
Spotprent: 23 September 2016
Jerm se spotprent vir 23 September 2016.
NWU sluit twee van sy kampusse
Die Mafikeng-kampus van die Noordwes-Universiteit is Donderdag onbepaald gesluit weens die #FeesMustFall-betogings wat universiteite landswyd lamlê.
#FeesMustFall: Traangas, klippe en ʼn brand op UKZN-kampus
Polisiebeamptes moes Donderdagoggend traangas op die Pietermaritzburg-kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) afvuur terwyl betogende studente die polisie vanuit een van die koshuise met klippe bestook het.
Woede oor Tuks se reses-‘plan’
Personeel en studente aan die Universiteit van Pretoria (UP) is woedend oor die aankondiging dat toetse en klasse in die Oktober-reses gehou sal word weens die voortslepende studentebetogings.
[Video] Trokdrywer roskam betogende studente
ʼn Vragmotorbestuurder van Touwsrivier het die internet op hol nadat hy ʼn video op Facebook geplaas het waarin hy betogende studente behoorlik roskam oor hulle gedrag. WAARSKUWING: Die video bevat kru-taal.
Betogende NMMU-studente vaar PE se strate in
Agt studente is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld, oortreding van die nasionale padverkeerswet en die belemmering van polisiebeamptes om hul pligte uit te voer.
‘Kommissie soek langtermyn oplossing vir #FeesMustFall’
Die kommissie van ondersoek na universiteitsfooie is op die been gebring om ʼn langtermyn oplossing te vind, nie om die huidige onluste op universiteitskampusse te hanteer nie, het regter Jonathan Arthur Heher Woensdag gesê.
‘Tuks gee betogers die oormag’
AfriForum Jeug het Woensdag die Universiteit van Pretoria (UP) gekap oor hul besluit om die universiteit te sluit weens betogings oor studiefooie en gesê die besluit is ʼn verbreking van ʼn onderneming deur prof. Cheryl de la Rey, die UP-rektor.
Polisie, Wits-studente slaags in Jhb-strate
Betogende studente van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en polisiebeamptes het Woensdagmiddag slaags geraak in die strate van Braamfontein en skokgranate en rubberkoeëls is afgevuur.
Tuks-studente moet Hatfield-kampus ontruim
Alle akademiese bedrywighede by die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria (UP), is Woensdag onbepaald opgeskort weens die studentebetogings wat al sedert Maandag op die kampus woed.
Word alle vergrype ‘met die nodige erns’ hanteer?
Hier sit ek en dink heel naïef die betogings gaan oor klasgeld.
Wits-betogings: Klasse voorlopig opgeskort
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag alle akademiese aktiwiteite vir die res van die week opgeskort te midde van voortgesette studentebetogings oor die verhoging in studiegeld vir 2017.
Maties-rektor betreur ‘aanranding’ en ‘rassistiese boodskap’
Die universiteit het intussen ook bevestig hy neem kennis van boodskappe op sosiale media omtrent ʼn beweerde rassistiese opmerking deur ʼn student.
SR-verkiesing en lesings ontwrig by Tuks, NWU
Die Universiteit van Pretoria (UP) en die Noordwes-Universiteit (NWU) het ook Dinsdag onder studentebetogings deurgeloop nadat daar aanvanklik vroegoggend geen teken van onluste by dié twee universiteite was nie.
Video: Polisie, studente raak slaags by Wits
Polisiebeamptes het Dinsdag skokgranate op betogende studente van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) afgevuur nadat hulle veiligheidswagte met klippe bestook het.
NMMU-studente sluit by #FeesMustFall-betogings aan
ʼn Klein groepie studente van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) in Port Elizabeth het Dinsdag voor die hoofingang van die kampus betoog en paaie versper.
UK skort klasse op; US het maatreëls getref
Die Universiteit van Kaapstad (UK) het Dinsdag akademiese bedrywighede opgeskort te midde van landwye betogings ná die minister van hoër onderwys se aankondiging oor studiegeld vir 2017.