Dit het hoog tyd geword dat die Suid-Afrikaanse publiek een ding goed verstaan: Julius Malema is ’n haatpropageerder en -aanhitser van formaat. Sy uitlatings mik hy op minderheidsgroepe. Dit is ’n gevaarlike speletjie wat veroordeel en met wortel en tak uitgeroei moet word.
Alles vir die sleutelwoord "Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge"
Taktiek en meningsverskille in ’n gesonde demokrasie
’n Gesonde demokrasie verg juis verskil van mening. Die groot vraag is hoe jy daardie meningsverskille hanteer.
Onteiening, ‘Disrupted Land’ en die IRV
Tog is ek ook dank aan die IRV verskuldig, aangesien die omstredenheid wat hy geskep het, gehelp het dat duisende mense reeds na die dokumentêr op YouTube gekyk het. Hopelik sal dit help om gesonde debat te stimuleer, waar groter ruimte vir uiteenlopende standpunte geskep word.
Het die IRV sy beginsels verander?
Die IRV se aanval op AfriForum is waarlik betreurenswaardig. Hoewel die IRV vanuit ’n ander perspektief as AfriForum praat, is die IRV veronderstel om ’n belangrike bondgenoot te wees in die geveg vir die vrye uitruil van idees – veral kontroversiële idees.
AfriForum, IRV slaags oor grond-dokumentêr
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge het mekaar gekap rakende grondbesit in die apartheidsera in ʼn segment van ʼn dokumentêre rolprent oor grondeienaarskap in Suid-Afrika.
Instituut wil beslaglegging op pensioenfondse teenstaan
Die SAIRV het Donderdag die #ProtectionPensions-veldtog in Johannesburg bekendgestel. Die instituut glo die regering het nou hulle oog op dié bate en wil dit gebruik om die land se groeiende skuldlas te delg.
Vyf dinge wat u oor die ANC se pensioenwegraping moet weet
Voorgeskrewe bates is nie ’n nuwe idee nie – die Nasionalistiese regering het dit ook gebruik, om fondse na ekonomiese sektore van hul keuse te kanaliseer – maar dit is stewig terug op die agenda met die insluiting daarvan in die ANC se verkiesingsmanifes wat onlangs bekendgemaak is.
Nie ʼn woord oor OSV by grondkonferensie
Presies hoe gebeur dit dat ’n konferensie oor grondhervorming op dié tydstip kan plaasvind sonder enige werklike bespreking van OSV?
Die DA hensop weer vir die ANC
Wat die DA sê, is dat hy ’n beter ANC kan wees as die ANC self. Onder Mmusi Maimane het die DA opgehou om ’n denkleier te wees; hy is nou ’n denkenavolger.
Waar is die morele maatstaf by die Universiteit van Kaapstad?
Suid-Afrikaners se gewone ordentlikheid, in die lig van die armoede wat so baie mense ervaar, ontbloot beter as enigiets anders in watter dieptes die Suid-Afrikaanse akademiese omgewing versink het.
Om nie ’n vuurwapen te mag besit nie, is ’n aanval op burgerregte
Ons het nuwe oplossings nodig om misdaad te bestry – die styging in ernstige misdrywe toon dat die polisie nuwe idees nodig het. Dit kan gedoen word sonder om gewone Suid-Afrikaners die reg te ontneem om hulself te bewapen, skryf Marius Roodt van die SAIVR.
Herrie oor slagspreuk in student se honneursprojek
Die visekanselier van die Universiteit van Kaapstad (UK) het kort nadat sy ʼn student met sy honneursprojek gelukgewens het, haar gedistansieer van ʼn slagspreuk wat in sy projek voorkom.
Verslag vind hoë vlakke van polisiebetrokkenheid by ernstige misdade
“Daardie linie van verdediging is in te veel gevalle afgebreek en die sogenaamde beskermers het die oortreders geword.”
Misdaad kos landbousektor miljarde
“Dit kos nie net die sektor wat reeds onder druk verkeer baie geld nie, maar dit is ook ʼn groot ontmoediging om ʼn loopbaan in boerdery te kies.”
Die IRV se eerste 2019-verkiesingsvoorspelling
In die aanloop tot die verkiesing van volgende jaar bereik ons weer die tyd van kontrasterende meningsopnames en verkiesingsvoorspellings.
Podlitiek: Dagga, verkiesingvoorspellings en ’n stimuluspakket
Net omdat dagga nou wettig is, beteken dit nie dat die Podlitiek-span kans sien om te ontspan nie – want hulle besef goed, waar daar ʼn rokie is, is daar gewoonlik ʼn vuurtjie.
Agt stellings wat mense dalk kwaad maak, maar nie rassisties kan wees nie
Daar is dus nie reuse-onenigheid onder die meeste Suid-Afrikaners nie. Ons kom op voetsoolvlak redelik goed oor die weg. Dit is slegs in die gedagtes van die politieke elite en hul na-apers in die media waar daar groot verdeeldheid in die land is.
Staal jouself vir ’n nuwe paradigma – en kies dienooreenkomstig
Die afgelope paar weke sou bevestig het – indien bevestiging hoegenaamd nodig is – dat beslissende veranderinge in Suid-Afrika se politieke gang in die vooruitsig is.
Wat is fout met die beloftes van die NGV?
“Teen die tyd dat mense besef die NGV kan nie die beloftes nakom nie, sal almal afhanklik wees van ʼn verwoeste staatsmonopolie in gesondheidsorg.”
Nog ʼn vals ‘boerestorie’
Plaasboere is glad nie meer uitbuitend as enige ander groot groep mense nie, en om ʼn storie te versprei dat hulle wel so is, dra by tot Suid-Afrika se laste en probleme. Dit maak enige eerlike gesprekke toenemend baie moeilik.