Die weerdiens waarsku dat dele van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap hael en gepaardgaande sterk winde Maandag kan verwag.
Alles vir die sleutelwoord "Suid-Afrikaanse Weerdiens"
Weer speel nie saam op kiesdag
Gebiede langs die kus sal hulle vir ʼn nat en koue verkiesingsdag moet staal.
SA’ners gewaarsku oor donderweer, hael
Reën word van Maandag af vir groot dele van die land voorspel.
Donderweer, reën in Kaap van storms
Dit gaan ʼn nat, koue naweek in groot dele van die Wes- en Oos-Kaap wees.
Hittegolf laat noorde van land sweet
Temperature van tussen 33 °C en 40 °C kan in Mpumalanga en Limpopo verwag word.
Nog reën, hael dalk vir Gauteng op pad
Dele van die land het verlede week verwoestende reën en massiewe haelkorrels gehad en die weerdiens het gewaarsku dat soortgelyke storms vandeesweek ook verwag kan word.
Reën bring dalk kragonderbrekings, oorstromings
Op plekke in die Oos-Kaap het dit reeds meer as 100 mm gereën en ander plekke in die land het tussen 20 mm en 50 mm reën gekry.
Eerste somerreën op pad
“Die reën sal oor meeste dele van die land vir net ʼn paar dae duur, maar die moontlikheid bestaan dat dit eers teen einde volgende week sal opklaar.”
Dis heerlike lente, maar winter (nog nie) verby
Die weerdiens verwag bonormale minimum- en maksimumtemperature tussen September en Desember vir die hele land.
Foto’s: Prentjiemooi sneeutonele in KZN
Inwoners in Hilton, sowat 30 km van Durban, was veral opgewonde oor ligte sneeu wat in dié dorpie geval het, aangesien dit allermins ’n alledaagse verskynsel vir hulle is.
Lente voorafgegaan deur diep sneeu
Die weerdiens het vroeër reeds voorspel dat ʼn kouefront die Wes-Kaap Donderdag sal tref en bittere koue, sneeu en beduidende reënval tot gevolg sal hê.
Nog koue kom (maar nog g’n sneeu in Gauteng verwag)
ʼn Kouefront word wel teen Donderdag verwag.
Somer in Gauteng dié naweek
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dat die sonbrandindeks dié naweek baie hoog gaan wees.
Weerdiens waarsku oor winde, vloede
Twee winterweerstelsels sal die land gelyktydig tref en koue, reën en sterk winde tot gevolg hê.
Koue, sneeu weer op pad
Temperature sal na verwagting vandeesweek weer skerp daal, wat moontlik tot sneeu sal lei.
Foto’s: Eerste sneeu in 50 jaar hiér aangeteken
ʼn Inwoner van Bloemfontein het ʼn foto gedeel van ʼn stoel wat bo-op die yslaag op sy swembad staangemaak is.
Volgende kouefront reeds op pad
Daar is nog geen verligting van die koue vir Suid-Afrikaners in sig nie.
Foto’s: Hier is dit vandag die koudste
Minimum temperature het Woensdagoggend tot ver onder vriespunt in die meeste provinsies gedaal.
Ysige koue vir noorde van land wag
Dié week is moontlik die koudste week wat vir vanjaar se winter in Gauteng verwag word.
Bibberweer dié week verwag
Maksimum temperature van 10 ̊C word voorspel en sneeu word in dele van die Wes- en Noord-Kaap verwag.