Meer as 370 polisiebeamptes het reeds positief vir Covid-19 getoets.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Sunnyside"
Student glo van 7de verdieping gestamp
Twee mans is Sondag in Sunnyside in Pretoria in hegtenis geneem in verband met die dood van ʼn 18-jarige student wat na bewering van die sewende verdieping van ʼn woonstelblok gestamp is.
Polisie waarsku teen aanlyn slenters
Terwyl hulle deur Sunnyside gery het, het ʼn medepligtige hom by die kamtige koper aangesluit en dié toe gehelp om die voertuig te kaap.
Twee gevonnis wat vroue as sekswerkers aanhou
Die twee vroulike slagoffers om wie die saak gewentel het, het agterna van hul nagmerrie-ervaring vertel waartydens die beskuldigdes hulle teen hul wil in ʼn woonstel aangehou het.
Man sterf ná hy glo van 7de verdieping gestamp word
“Die oorledene en ʼn vriend wat saam met hom was, is glo na daardie woonstel gelok deur ʼn aanlyn advertensie wat aangedui het dat ʼn luukse kamera te koop aangebied word.”
Student vas ná polisieman in aanval sterf
Een polisiebeampte is dood en ʼn ander in die hospitaal nadat die beamptes glo tydens ʼn stop-en-deursoek-padblokkade in Pretoria aangeval is. ʼn Pretoriase student is in verband met die moord in hegtenis geneem.
Voertuig met man in kattebak aan die brand gesteek
Die voorval het in Pretoria plaasgevind. Die departement van vervoer het gesê hy is geskok oor dié gru-ontdekking.
Man se liggaam in uitgebrande Chevy gekry
Die liggaam van ʼn man is Donderdagaand in die kattebak van ʼn uitgebrande voertuig naby Unisa in Pretoria gevind.
Pta-advokaat in hof vir aanranding
ʼn Advokaat van Pretoria verskyn Maandag in die stad se landdroshof nadat hy glo ʼn 29-jarige vrou met ʼn bierbottel aangerand het toe sy vir ʼn sigaretaansteker gevra het.
Vrou vermoor oor sy glo nie welkom is nie
“Daar het glo ʼn argument ontstaan omdat die slagoffer blykbaar nie welkom was in die motor nie.”
‘Bose gees’ laat Pta-seun sy ma vermoor
Die polisie het gaan ondersoek instel en ʼn gruvonds by die man se woonstel in Pretoria ontdek. Die beamptes gaan berading ontvang.
Man besteel ná hy op vrou se aanlyn advertensie reageer
ʼn 21-jarige vrou het in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag dat sy ʼn man na haar woonstel gelok het met ʼn aanlyn advertensie en hy daarna besteel is.
Pta-man glo weer slagoffer van sekswerkers
Die Pretoriase polisie ondersoek twee sake van motordiefstal nadat ʼn jong man van die stad glo in twee afsonderlike voorvalle deur sekswerkers besteel is.
Man val ver ná ‘sekstransaksie’ glo skeefloop
ʼn 29-jarige man is glo deur ʼn vrou wat hy vir seks wou betaal van die tweede verdieping van ʼn woonstelblok in Pretoria gestamp.
Akteur vas vir dronkbestuur in Pta
ʼn 32-jarige akteur en radiopersoonlikheid is oor die naweek in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het.
Sekslokval kos man R190 000
“Wat veronderstel was om ʼn oomblik van plesier te wees, het egter vir die man in ʼn vier uur lange nagmerrie ontaard.”
Pta-man ná drama van ses uur gered
Die Pretoriase polisie het Maandag ure lank by ʼn gewapende 51-jarige man deurgebring wat gedreig het om selfmoord te pleeg.
Negejarige verdrink dag ná gesin verhuis
ʼn Negejarige het Sondagoggend in Pretoria verdrink nadat die gesin gister na ʼn nuwe kompleks verhuis het.
Man vas wat glo 12-jarige as seksslaaf aangehou het
ʼn 37-jarige man is Vrydagoggend in Sunnyside in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy glo die afgelope twee maande ʼn graad 7-leerder as ʼn seksslaaf aangehou het.
Taalaktivis se seun in ‘ontvoeringsnagmerrie’
André Alkema, hoofbestuurslid van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA), se seun is glo Woensdagaand in Pretoria se middestad gekaap, waarna hy ure lank aangehou en beroof is.