Die Westelike Provinsie (WP) se Superliga A het Saterdag twee eersteklas verrassings opgelewer voor die vyftienmanspel `n wyle vir die sewessiklus moet plek maak.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Superliga A"
WP-liga: 2 500 sien klubrugbyskouspel in Kaap
Sowat 2 500 toeskouers het Saterdag op Philip Herbstein-park in Contantia aanskou hoe Valsbaai kliphard teen Tygerberg moes veg om sy onoorwonne status te handhaaf.
WP-liga: SKW stuit SA oop klubs se kampioen
Die oop klubs se nasionale kampioen, Durbanville Bellville, het Vrydag in die Groenpuntstadion slae by Schotschekloof Walmers (SKW) gekry.
WP-liga: vyf spanne nog onoorwonne in Super A
Vyf spanne is ná die eerste ses weke van die Westelike Provinsie (WP) se Superliga A nog onoorwonne.
WP-liga: voorste spanne kou klippe in Super A
Die meeste van die voorste spanne in die Westelike Provinsie (WP) se Superliga A moes Saterdag buitengewoon hard werk om te wen.
WP-liga: gunstelinge sukkel nie
Die gunstelinge het hoegenaamd nie gesukkel om hul wedstryde Woensdag in die Westelike Provinsie se Superliga A te wen nie.
WP-liga: Ikeys laat nog `n GB-span skrik
In `n wesenlike ommekeer van sy gesukkel in die reeks om die Varsitybeker het die Universiteit van Kaapstad die tweede opeenvolgende week `n deelnemer aan vanjaar se Goue Bekerreeks goed die skrik op die lyf gejaag.
WP-liga: ploeteraar laat kampioen groot skrik
Een van die ploeteraars van die reeks om die Varsitybeker het Saterdag die oop klubs se Goue Bekerhouer sommer baie groot in die Westelike Provinsie-rugbyunie (WPRU) se Superliga A laat skrik.
WP-liga: GB-kampioen begin goed teen Brakke
Die oop klubs se Goue Bekerkampioen, Durbanville-Bellville, het Saterdag `n goeie afskop in die Westelike Provinsie (WP) se Superliga A (SLA) teen die vurige Brackenfell beleef.
WP: Brakke bult spiere; Vineyards ruk kampioen
Brackenfell het sommer met die intrapslag Saterdag sy spiere in die Westelike Provinsie-rugbyunie (WPRU) se Superliga A gebult; en Vinyards het die Noorderligakampioen tot in sy fondamente geskud.
WP-liga: GB-nuweling Saterdag voor toets
Valsbaai, een van die nuwelinge in die oop klubs se nasionale reeks om die Goue Beker vanjaar, se voorseisoense werk word Saterdag getoets as hy teen Noordelikes-Northlinkkollege (NNK) in die Westelike Provinsie se Superliga A kragte meet.
WP-liga: B-kampioen lus vir A-uitdaging
Die onoorwonne wenner van die Westelike Provinsie-rugbyunie (WPRU) se Superliga B is sommer baie lus vir die uitdaging wat sy bevordering tot die bond se vyftien topklubs bied.