Die Stormers se aanslag is Saterdag binne 29 minute in die eerste helfte vernietig toe die Crusaders vyf van hulle agt drieë gedruk en hulle die Stormers in Christchurch met 57-24 geklop het.
Alles vir die sleutelwoord "Superrugby"
Lions behaal sukkel-sege, Kings wen en Canes mors met Brumbies
Die Lions het Vrydagaand klippe gekou om die Jaguares op Ellispark onder te kry; die Kings het slegs hulle tweede wedstryd van die seisoen en ook hul tweede ooit in Australië gewen; en die Hurricanes het met 42 punte ná rustyd die Brumbies oorrompel.
Superrugby: Beserings noop veranderings aan SA spanne
Vir die naweek se Superrugby-wedstryde is die Stormers sonder hul gevaarlike heelagter, die Bulls sonder hulle Springbok-losskakel, terwyl die Lions, die Cheetahs en die Sharks ook as gevolg van beserings ’n verandering of twee moes aanbring.
Gaan dié naweek se Superrugby super wees?
Hoe het dinge nie verander nie! Die Jaguares is al sedert die begin van die maand af in die land, die Rebels het Maandag in Durban aangekom, maar daar is nie ʼn woord oor hul doen en late van die veld af nie.
Pollard, Janse van Rensburg albei uit reeks teen Franse
ʼn Terugslag het Suid-Afrikaanse rugby getref met die nuus dat Handré Pollard 8-10 weke langs die kantlyn gaan deurbring – amper so lank as die Lions se senter Rohan Janse van Rensburg se drie maande.
Jaco Kriel onskuldig, mag Vrydagaand speel
Die straf van ʼn geelkaart was voldoende, het die tugkomitee van Sanzaar , Woensdagoggend bevind nadat die Lions se Springbokflank Jaco Kriel uitgewys is vir die laat loop van die Stormers se losskakel Robert du Preez.
Jaco Kriel se tugsaak lyk nie so eenvoudig
Die tugsaak teen die Springbok Jaco Kriel oor beweerde vuilspel Saterdag in ʼn Superrugby-wedstryd teen die Stormers lyk duidelik nie so eenvoudig nie.
Springbok voor stok ná geel kaart
Een van die Lions se Springbokke is deur die wedstrydkommissaris uitgewys ná sy span se Superrugby-sege van 29-16 Saterdag teen die Stormers op Nuweland. Die…
Hoe gaan die belangstelling behou word?
Dis darem baie eentonig. Die seisoen is skaars by die halfpadmerk en die agt spanne wat aan die einde van Julie tot die uitspeelrondes sal deurdring, is na alle waarskynlikheid reeds bepaal.
Nog nie heeltemal reg nie, maar die Bulls beur boontoe
Die Bulls het Saterdagaand, in slegs hulle tweede wedstryd op Loftus, ook op dié veld hul tweede Superoorwinning van die seisoen behaal toe hulle die Jaguares 26-13 geklop het.
Lions se pak speel die Stormers stil vir ʼn eerste Nuweland-sege
Die Lions het gewys dat hulle meer as net ʼn hardloopspan is toe hulle die Stormers Saterdag op Nuweland voorlangs meer as net in toom gehou het en hul kanse agterlangs deeglik gebruik het om met ʼn bonuspunt 29-16 te wen.
Chiefs speel Cheetahs kis ná groot agterstand
As ʼn span na 22 minute met 24-0 voor is en daarna net drie punte kan aanteken om met 27-41 te verloor, is daar fout.
Reds druk sewe teen Kings en wen slegs hul tweede
Die Kings het werklik geglo hulle kan die Reds in Brisbane klop, maar is Saterdag in veral die derde kwart deur die tuisspan uitmekaar gespeel en het met 34-47 verloor.
SA spanne kies hul swaargewigte vir die naweek
Die Bulls het ’n handvol Springbokke nadergetrek, terwyl die Lions, Stormers en die Cheetahs spelers wat van beserings herstel het in hulle spanne vir die naweek se kragmetings ingesluit het.
Superrugby: is ‘n oorlog of net ‘n veldslag gewen?
Jy wen nie die Curriebeker in Mei nie.
Beserings teister Lions én Stormers voor die groot kragmeting
Daar is by die Stormers én die Lions kommer dat van hul staatmakers nie Saterdag op Nuweland sal kan speel in die wedstryd tussen wat onteenseglik die twee voorste Suid-Afrikaanse spanne is nie.
Kriteria vasgestel vir Superrugby-besluit
Daar is Dinsdag besluit op die kriteria wat sal bepaal watter vier Suid-Afrikaanse franchise’e bly en watter twee aanstaande jaar nie meer deel van die Superreeks sal uitmaak nie.
Nuwe SA franchise-komitee besluit watter twee spanne in slag bly
ʼn Nuwe Suid-Afrikaanse franchise-rugbykomitee is in die lewe geroep om die kriteria te bepaal waarvolgens op die vier Suid-Afrikaanse spanne besluit sal word wat vanaf 2018 in die Superreeks sal speel.
Sanzaar beëindig bespiegeling oor Super-formaat
Sanzaar het ʼn einde aan die weke lange bespiegeling oor die Superrugby-reeks se formaat vir aanstaande jaar gemaak.
Stormers, Sharks volg wenresep; Bulls brou
Die Stormers volg die wenresep noukeurig, die Sharks hou nogal daarby, maar die Bulls wyk heeltemal daarvan af.