Praat is maklik, maar in die Bulls se kamp is daar ʼn selfvertroue wat hulle een naelskraapse oorwinning, teen die Sunwolves, uit twee neerlae weerspreek.
Alles vir die sleutelwoord "Superrugby"
Australasiese wedstryde het nie veel om die lyf
Vrydagoggend is daar net twee Superwedstryde in Australasië, en nie een van hulle maak ʼn mens opgewonde nie – selfs in ag genome dat die Crusaders steeds ʼn opwindende span is om na te kyk.
Ackermann kies konserwatief teen die Kings
Anders as die meeste afrigters wie se spanne wat in die Superreeks teen die Kings speel, het Johan Ackermann-hulle net een verandering aan die Lionsspan aangebring vir Saterdagmiddag (15:05) se wedstryd in die Baai.
Serfontein kry Bok as sentermaat teen die Blues
Die Bulls se Springboksenter Jan Serfontein vier sy 50ste Superwedstryd met ʼn nuwe sentermaat in Saterdag se wedstryd teen die Blues in die QBC-stadion in North Harbour.
6 April 2017 – ʼn dag om te onthou
Toe ons jonger was, was 6 April 1652 ‘n baie belangrike dag in ons geskiedenis.
Bothma lank gestraf; nou vir Quade Cooper …
Die Bulls se vuurvreterflank, Renaldo Bothma, wat Vrydagaand teen die Sunwolves vir ’n hoogvat van die veld gejaag is, is swaar gestraf.
Cheetahs se moed was nie genoeg
As ʼn uitslag bloot van moed afhang, moes die Cheetahs Saterdagaand baie naby aan ʼn sege teen die Jaguares in Buenos Aires gekom het. Maar ongelukkig speel foute en vaardigheid ook ʼn rol.
Sukkel-Sharks kry Kings eers teen die einde onder
Miskien moet ons nie die kleintjies soos die Sunwolves en die Southern Kings meer so lig kyk nie. Of miskien moet ons meer bekommerd wees oor ons sogenaamde gevestigde franchise’e se rugbygehalte.
Lions druk sewe, maar nog nie in hoogste rat nie
Sewe drieë teen twee vertel die storie van die Lions se oorwinning oor die Reds in Johannesburg, maar daar was ook slordige balbeheer tussen die stukkies Lions-juweeltjies deur en die frustrasie van die Reds wat nie regtig rugby wou speel nie.
Bothma bly tuis na rooikaart, Strauss is weer kaptein
Die Bulls se flank Renaldo Bothma is uit die Bulls se toergroep na Nieu-Seeland en Japan gelaat nadat hy Vrydagaand op Loftus teen die Sunwolves met ʼn rooikaart van die veld gestuur is.
Saterdag bevestig Kiwi’s sal moeiliker wees
Die Brumbies is nie te versmaai nie en het die Waratahs Saterdag veral in die skrums en afbreekpunte gekarnuffel en met 28-12 gewen, maar dit lyk in die vroeë stadium reeds of die Suid-Afrikaanse spanne in Afrika se groep 2 die verwagte voordeel in die Superreeks sal hê.
Sunwolves sprankel; Bulls nog ver van gereed vir die grotes
Nou wat sal ʼn mens hieroor sê? Beslis dat die Sunwolves nie blote kanonvoer is nie en veel meer mededingend is as verlede jaar, en dat die Bulls nog ver van hulle aanvaarde standaard is. Ook dat Jan Serfontein kookwater is.
Lions en Cheetahs moet begin spiere bult; Sharks het te veel skietgoed
Die Lions en die Cheetahs sal albei moet uithaal as hulle Saterdag oorwinnings wil behaal, terwyl die Sharks, ondanks ’n ietwat omstrede spankeuse, te sterk vir hulle buurman, die Kings, behoort te wees.
Crusaders ontsnap (weer) teen die einde
Om ’n oorwinning te beklink nadat jou doppie waarskynlik reeds geklink was, gebeur in rugby. Om dit twee wedstryde na mekaar reg te kry, is baie raar en die gevoel sal wees dat jy jou dosis geluk opgebruik het.
Bulls moet hulle Vrydagaand regruk na twee keer se gesukkel
Nie ’n enkele oorwinning na twee wedstryde in vanjaar se Superreeks nie is beslis nie die soort getuigskrif waarop die Bulls sal trots wees nie.
Beserings kan Cheetahs teen Sánchez-lose Jaguares kos
’n Cheetahs-groep van 25 spelers het Dinsdag sonder ’n hele aantal beseerde spelers na Buenos Aires vertrek waar hulle Saterdagaand (21:40 SA tyd) teen die Jaguares te staan kom.
Bulls verander agt vir Sunwolves
Agt veranderinge aan die beginspan. Hoeveel daarvan werklik rotering van die spelers is, is onseker, maar dít is wat die Bulls se afrigtingspan hoop die Pretorianers op die wenpad sal plaas
Lions se jonges kry rugbyles tot hardebaarde opkom
Die Lions, met net ses van verlede week se wenspan teen die Waratahs op die veld, is vir 60 minute ʼn rugbyles deur die Jaguares in Saterdagaand se Superwedstryd in Buenos Aires geleer.
Die Sharks baljaar op eie bodem
Die manier waarop die Sharks Saterdagaand die Waratahs op Kingspark oorrompel het, het ’n duidelike boodskap aan ander besoekende spanne gestuur dat ’n besoek aan Durban vanjaar nie ’n maklike uitstappie gaan wees nie.
Sunwolves teer op Cheetahs se foute
Die Cheetahs is moontlik ontsenu toe die Sunwolves na net 26 sekondes gaan druk het, en hulle het wel ʼn groot klomp beserings gehad, maar die Sunwolves is uiteindelik die span wat Saterdagaand kop omhoog van die Vrystaatstadion gestap het.